Kerk vier 140ste be­staans­jaar

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Ter her­den­king van die Ng-kerk in Nieu­bet­hes­da se 140ste be­staans­jaar wat dié maand plaas­vind, het die ge­meen­te be­sluit om 'n groot fees daar­van te maak.

Dit is voor­waar 'n be­son­der­se her­den­king en ge­beur­te­nis dat hier­die ge­meen­te al vir 140 jaar die Bood­skap kon ver­kon­dig.

Die fees - wat oor die na­week van

23 tot 25 No­vem­ber ge­hou word - sal ge­o­pen word met 'n lang­arm-op­skop die Vry­dag­aand om 18:30 by die Nieu-bet­hes­da Sport­klub.

Dit word ge­volg deur 'n be­si­ge Sa­ter­dag-pro­gram wat in­sluit 'n 21,1km- en 12,5km-veld­wed­loop as­ook 'n 5km­pret­loop in die dorp.

Daar is ook 'n 25km­veld­fiets­ry­roe­te.

By die kerk self word 'n tee­tuin be­plan met heer­li­ke eet­goed­jies te koop en ver­skeie keu­ri­ge stal­le­tjies.

Ge­du­ren­de die og­gend van Sa­ter­dag, 24 No­vem­ber, sal die kerk­ge­bou ook oop wees vir be­sig­ti­ging, dit word dan ge­volg deur 'n krans­leg­ging by die be­graaf­plaas op die dorp­stig­ters se graf­te e­ni­ge ie­mand wat fa­mi­lie het wat be­gra­we is in dié be­graf­plaas word uit­ge­nooi om blom­me of kran­se te gaan plaas om 11:45 die og­gend.

Sa­ter­dag se pro­gram word af­ge­sluit met 'n pot­jie­kos­kom­pe­tie­se van­af 12:00 tot 16:00, waar­van die pot­jie­kos­se te koop aan­ge­bied gaan word aan fees­gan­gers en be­soe­kers.

Op Son­dag, 25 No­vem­ber, word die fees­vie­ring met 'n spe­si­a­le e­re­diens en or­rel­uit­voe­ring af­ge­sluit.

Die fee­s­na­week be­loof om ho­pe pret te wees en dien ook as 'n fonds­in­sa­me­ling vir hier­die be­son­der­se ge­meen­te.

Nieu-bet­hes­da was eers 'n wyk van die Ng-ge­meen­te Graaff-rei­net, maar weens die af­stand van 32 myl (so­wat 50km) van die dorp af en dan boon­op des­tyds met kar en per­de oor die berg­pas as­ook die groot ge­tal lid­ma­te wat in die twee­de helf­te van die 19de eeu op pla­se in die om­ge­wing ge­woon het, is daar ge­voel dat dit die bes­te sou wees vir dié af­ge­leë wyk om as self­stan­di­ge ge­meen­te af te stig.

Selfs ds. C­har­les Mur­ray van die moe­der­ge­meen­te het dié ge­voel ge­deel.

Die plaas Uit­ki­jk, la­ter Nieuw Bet­hes­da ge­noem, waar ook die bui­te­kerk in 'n wa­en­huis in die prag­ti­ge, boom­ry­ke val­lei van die Gats­ri­vier ge­hou is, is deur die kerk­raad vir dié doel aan­ge­koop.

Die plaas het be­hoort aan BJ Pie­naar en is deur Graaff-rei­net se kerk­raad as die ge­skik­ste ge­ag vir dié doel om­dat dit sen­traal ge­leë was in die S­neeu­ber­ge.

Dit was ook om­dat et­li­ke ge­sin­ne op die wa­ter­ry­ke en vrug­ba­re plaas ge­woon het.

Die ei­e­naar, in die om­gang be­kend as oom Ba­rend, het ‘n groot aan­deel in die stig­ting van die dor­pie en ge­meen­te ge­had.

Die prag­ti­ge Ng-kerk in Nieu-bet­hes­da. Oor die na­week van 23, 24 en 25 No­vem­ber gaan daar be­hoor­lik fees ge­vier word in dié dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.