Me­dal­je-oes vir Volk­skool-at­le­te

Graaff-Reinet Advertiser - - Sport -

Tien at­le­te van Ho­ër Volk­skool het aan die on­lang­se Jim Fou­ché Uit­no­di­gings­by­een­koms in Bloem­fon­tein deel­ge­neem.

‘n Sterk wind het die pres­ta­sies van die at­le­te be­ïn­vloed. Deel­na­me by hier­die by­een­koms is reeds in die 2019 ou­der­doms­groe­pe. Mar­ni van der Mer­we het die 100m en 200m in die Dog­ters O.16 af­de­ling ge­wen. Haar tye was on­der­skei­de­lik 13,24 se­kon­de en 27,03 se­kon­de. Ca­ryn Swartz het ‘n eer­ste plek be­haal in ver­spring Dog­ters O.19 met ‘n af­stand van 5,14 me­ter. Sy was ook der­de in die 100m in ‘n tyd van 13,46 se­kon­de.

Jay-dee Joos­te het twee­de gee­ïn­dig in die hoog­spring Seuns O.19 met 1,85 me­ter. Hy be­haal ook ‘n der­de plek in drie­sprong met 12,92 me­ter. Fran­cois van Heer­den was twee­de in spies­gooi, Seuns O.17 met ‘n af­stand van 48,54 me­ter. In die hoog­spring Dog­ters O.16 ein­dig Dané T­hi­art der­de met ‘n hoog­te van 1,35 me­ter.

Ho­ër Volk­skool is baie trots op sy me­dal­je-oes van drie goud, twee sil­wer en vier brons.

Ag­ter: L­li­am van Heer­den, PJ de Goe­de, Fran­cois van Heer­den en Jay­dee Joos­te. Voor: Ti­anè Lom­bard, Fran­cenè Jou­bert, Danè T­hi­art, Ca­ryn Swartz en S­her­win van S­ta­den. Af­we­sig: Mar­ni van der Mer­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.