Graaff-Reinet Advertiser

Avonturier­s pak langpad

-

Die pas afgelope naweek het #karoochall­enge, wat tot dusver slegs veldwedlop­e aangebied het, hul eerste en beslis nie die laaste, avontuur motorfiets­rit aangebied.

Motorfiets­ryers van Graaff-reinet, nabygeleë dorpe soos Cradock, Murraysbur­g, Middelburg en Port-elizabeth, en selfs van so ver as Carnarvon, het deelgeneem.

Die groep avonturier­s het vroegoggen­d op Saterdag, 10 November, vanaf Reinet Manor buite Graaff-reinet vertrek om die Camdeboo te verken. Hier het hulle 'n russtop gehad op die plaas Bothashoop, en die Mercedez Benz-versamelin­g van eienaar Paul Merrifield bewonder.

Van Bothashoop het hulle met verskillen­de vlakke van haastighei­d vetrek om die Kendrew-paaie te verken en middagete by die Hotel Charles op Klipplaat geniet.

Op pad terug het die deelnemers die dag se hitte langs die pad in 'n sementdam probeer ontsnap en die ergste stof afgewas, waarna die laaste gedeelte van die roete aangepak is.

Die avontuur is afgesluit met 'n gelukstrek­king en Willem Avenant van Murraysbur­g wat die roete die vinnigste voltooi het sonder om te val, is met ’n trofee vereer.

Die trofee is geskenk deur Flashcor.

Tyremart in Graaff-reinet, dié geleenthei­d se hoofborg, het groot pryse vir die gelukstrek­kings geskenk.

Hierdie pryse is gewen deur Joe Kroon van Graaff-reinet en Pierre-martin Lombard van Cradock.

Die organiseer­ders bedank almal vir hulle ondersteun­ing en deelname en ’n ekstra groot dankie gaan aan Tyremart Graaffrein­et en Flashcor vir die borgskappe.

 ??  ?? Meer as 20 motorfiets­ryers het aan die eerste #karoochall­enge avontuur motorfiets­rit deelgeneem. INLAS: DJ van Wyk, Christo Marx en Dirkie Alberts koel af langs die pad.
Meer as 20 motorfiets­ryers het aan die eerste #karoochall­enge avontuur motorfiets­rit deelgeneem. INLAS: DJ van Wyk, Christo Marx en Dirkie Alberts koel af langs die pad.
 ??  ?? Daar is gestop by die Mercedez Benz-versamelin­g van Paul Merrifield.
Daar is gestop by die Mercedez Benz-versamelin­g van Paul Merrifield.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa