Graaff-Reinet Advertiser

Kerssangdi­ens dié Sondag

-

Die jaarlikse Kerssangdi­ens van die NG Graaff-reinet gemeente word dié eerskomend­e Sondagaand, 18 November, aangebied.

Die diens begin om 18:00 vir 18:30. Alle lidmate, oudlidmate, besoekers en belangstel­lendes is welkom om dit by te woon.

Tydens die geleenthei­d sal die gemeente heerlik saamsing aan geliefde Kerslieder­e met Dr Ben van Tonder wat die Kersboodsk­ap sal oordra. Toegang is gratis, maar ‘n vrywillige kollekte sal wel opgeneem word. Skakel die kerkkantoo­r by 049 892 2422 vir meer besonderhe­de.

• Op Sondag, 25 November, gaan die span van NG Graaff-reinet dan na Aberdeen waar hul dieselfde program om 18:30 die aand daar sal aanbied.

Moet dit nie misloop nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa