Graaff-Reinet Advertiser

Plaaslike talent op die kassie

-

‘n Bekende van Murraysbur­g, Jan-hendrik Swiegers, het verlede Vrydagogge­nd, 9 November, op Die GROOT Ontbyt op kyknet verskyn. Die GROOT Ontbyt is GROOTFM 90.5 se gewilde ontbytprog­ram wat elke weeksoggen­d regstreeks vanaf 05:30 tot 08:30 uitgesaai word. Wat hierdie radioprogr­am uniek maak is dat dit ook van 06:00 tot 08:00 op kyknet (Dstv kanaal 144) uitgesaai word - ’n hibried-konsep tussen radio en televisie. Tans ‘n inwoner van die Paarl, is Jan-hendrik oorspronkl­ik afkomstig van Murraysbur­g waar hy sy kinderjare spandeer het - die seun van Estelle en wyle Gert Swiegers. Jan-hendrik het dié jaar opslae gemaak met ‘n lied oor sy grootword dorp, genaamd ‘Murraysbur­g’, wat hy self geskryf en gekomponee­r het. Tydens ‘n onderhoud gevoer deur Die GROOT Ontbyt se Rouchelle Liedemann het hy ‘n beidjie hieroor uitgebrei. Op die foto verskyn Rouchelle Liedemann saam met Jan-hendrik Swiegers.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa