Graaff-Reinet Advertiser

Rare, ware Wilde Weste

-

Graaf-reinet Primêr het Vrydagaand, 9 November, ‘n debutanteb­al gehou met Wilde Weste as tema. Die debutante het die gaste vermaak met pragtige lyndanse, almal was opgewonde en die voete het omtrent gejeuk. Aan die einde van die aand is die wenners aangekondi­g. Die derde plek is gewen deur Genaro Masimila, die tweede plek deur Tasmia Adams en die eerste plek het gegaan aan Macowen Reid. ’n Groot bedrag is ingesamel en die skool wil sy dank betuig teenoor elkeen wat ‘n bydrae gelewer het tot dié suksesvoll­e aand en insameling­spoging.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa