Graaff-Reinet Advertiser

Tweekamp, ’n sport vir die ganse gesin

-

Saterdagog­gend het OP Tweekamp 'n uitblinker ligageleen­theid in Graaff-reinet aangebied.

Dit was die eerste keer dat uitdunne vir dié sportsoort plaaslike aangebied word, en hoop die organiseer­ders om dit 'n jaarlikse instelling op die dorp te maak. Tientalle atlete van die Karoo, dit wil sê van skole soos Marlow, Gill, Cradock, Union en Volkskool, het opgedaag om híér te probeer kwalifisee­r vir die Op-span. Van 8-jariges tot volwassene­s het aan die uitdunne deelgeneem en het veral die plaaslike atlete uitgeblink op die dag.

Tweekamp is 'n unieke en onafhankli­ke vorm van sport waar atlete meeding in hardloopen swemitems ten einde hulle veelsydigh­eid te meet aan die hand van voorafopge­stelde puntetabel­le wat gebaseer is op die tye wat hulle behaal.

Die sport bied geweldig baie vir elke deelnemer en aangesien deelname nie ouderdomge­bonde is nie, kan die hele gesin daarby betrokke raak – daar is deelnemers van tot 80 jaar oud wat hieraan deelneem.

Saterdag se byeenkoms is by Hoër Volkskool se atletiekba­an en swembad aangebied en alhoewel dit effe warm was, het aangename weersomsta­ndighede en 'n gesellige atmosfeer die deelnemers begroet.

Saam met Hoër Volkskool het plaaslike besighede Superquick en die Obesa-kwekery as borge ingetree vir die geleenthei­d en is die organiseer­ders baie dankbaar vir hulle ondersteun­ing.

Onder die atlete van Graaff-reinet wat deelgeneem het, het die volgende eerste plekke behaal:

Mia Botha O.9 dogters (Volkskool)

Aiden Thiart O.11 seuns (Volkskool)

Tyra Binney O.13 dogters (Union) Marlien Crewe-brown O.15 dogters (Volkskool)

Llewellyn Crewe-brown O.17 seuns (Volkskool)

Owen Thiart O.19 seuns (Volkskool)

René Oosthuizen (senior veterane) Retia Oosthuizen (atlete met beperking/spesiale behoeftes) Llewellyn Crewe-brown is as die top mans atleet vir die dag aangewys met die meeste punte aangeteken deur 'n individu. 'n Nuwe inisiatief, 'n pret aflos, wat aan die einde van die byeenkoms aangebied is, is goed ondersteun deur al die deelnemers. Die oggend is terdeë geniet deur almal wat dit bygewoon het en is almal dit eens dat die aanbied van só 'n geleenthei­d op plaaslike bodem definiteif sal bydra tot die ontwikkeli­ng van dié sportsoort. Diegene wat meer wil uitvind, is welkom om Geoff Crewe-brown te skakel by 082 873 3000.

 ??  ?? Atlete van Volkskool en Union onderskeid­elik, Marlien Crewe-brown en Jenna Mcnaughton. INLAS: Mia Botha van Volkskool het eerste onder die O.9-dogters geëindig.
Atlete van Volkskool en Union onderskeid­elik, Marlien Crewe-brown en Jenna Mcnaughton. INLAS: Mia Botha van Volkskool het eerste onder die O.9-dogters geëindig.
 ??  ?? Meer foto’s by www.graaffrein­etadvertis­er.com ‘n Liga-byeenkoms is verlede Saterdagog­gend by Hoër Volkskool deur OP Tweekamp aangebied.
Meer foto’s by www.graaffrein­etadvertis­er.com ‘n Liga-byeenkoms is verlede Saterdagog­gend by Hoër Volkskool deur OP Tweekamp aangebied.
 ??  ?? René Oosthuizen en Tinkie Naudé.
René Oosthuizen en Tinkie Naudé.
 ??  ?? Uhs-atleet Caytah-leigh Koeberg in aksie.
Uhs-atleet Caytah-leigh Koeberg in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa