Graaff-Reinet Advertiser

Kies koers na Nieubethes­da dié naweek

-

Nieu-bethesda — Die Nggemeente herdenk hierdie naweek, van 23 tot 25 November, hul 140ste bestaansja­ar.

Dit is ‘n besonderse herdenking en die gemeente is dankbaar dat hulle vir die afgelope 140 jaar die Boodskap kon verkondig, en wil dit op ‘n feestilike wyse vier.

Vrydag, 23 November, vanaf 18:00 skop die fees af met ‘n dans en opskop by die Sportklub, Nieu-bethesda. Toegang is R50 per person, daar is worsrolle te koop en ‘n volledige kroeg beskikbaar.

Saterdag, 24 November, is daar twee veldwedlop­e, onderskeid­elik 12km en 21km, asook ‘n 5km-pretwedloo­p en ‘n 21km-bergfietsr­oete.

Vir die veldwedlop­e is inskrywing­s gratis of ‘n donasie kan gegee word. Registrasi­e vind plaas tussen 05:30 en 06:00 by die kerk.

Deelnemers word dan vervoer na die wegspringp­lek.

Die wegspringt­yd vir die pretloop is 07:45 ook by die kerk. Die bergfietsr­oete is ook gratis of ‘n donasie kan gegee word. Wegspring vind om 07:30 plaas by die kerk. Voldoende waterpunte sal op al die roetes beskikbaar wees.

Alle deelnemers neem deel op eie risiko en geen lisensie word benodig om deel te neem nie. Worsrolle en roosterkoe­k sal te koop wees.

By die kerk sal daar ook Saterdag ‘n teetuin met eeten-drinkgoed gehou word en ‘n kransleggi­ng sal by die begraafpla­as om 11:45 plaasvind.

Vanaf 11:30 sal daar ‘n heerlike potjiekosk­ompetisie plaasvind wat as ‘a fondsinsam­elingsproj­ek vir die gemeente sal dien.

Sondag vanaf 08:30 sal daar ‘n Feesdiens net Nagmaal en ‘n orreluitvo­ering by die pragtige kerk plaasvind.

Die naweek beloof om besonders te wees.

Whatsapp Pierre Fourie by 083 233 6085 of Elizna Fourie by 083 651 1391 vir enige ander inligting.

 ??  ?? Die Ng-gemeente van Nieu-bethesda vier dié naweek hul 140ste bestaansja­ar.
Die Ng-gemeente van Nieu-bethesda vier dié naweek hul 140ste bestaansja­ar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa