Graaff-Reinet Advertiser

LVS kweek karaktervo­lle kinders

-

John Luther het gesê: "Goeie karakter moet meer geprys word as enige ander uitstaande talent. Die meeste talente is ‘n geskenk van Bo. Goeie karakter, in teendeel, word nie aan elkeen geskenk nie. Ons moet dit stukkievir-stukkie self bou deur ons keuses, moed en deursettin­gsvermoë".

Januarie dié jaar het Laer Volkskool afgeskop met hul 'Kleurvolle Karakter'program wat reg deur die jaar deur leerders, personeel en ouers by die skool beoefen is.

Hierdie program het dit ten doel om kinders te leer hoe om hulself, asook andere om hulle, te omskep in mense met goeie karakter in die samelewing.

Daar is ses karakterei­enskappe wat deur die jaar vir ongeveer ses weke per karakterei­enskap behandel is. Die karakterei­enskappe is betroubaar­heid, respek, verantwoor­delikheid, regverdigh­eid, burgerskap en omgee.

Met die bekendstel­ling van elk van dié karakterei­enskappe aan die kinders, het die skool die gemeenskap betrek om die karakterei­enskappe prakties aan die kinders te verduideli­k en/of demonstree­r.

Betroubaar­heid is byvoorbeel­d afgeskop met die plaaslike polisie se honde-eenheid wat ‘n demonstras­ie gelewer het met hul spesiaal opgeleide polisiehon­de.

Hierdeur het die kinders ‘n beter begrip gekry van hoe om ‘n betroubare individu te wees, want wat is dan nou ‘n beter voorbeeld van 'betroubaar­heid' as die mens se beste vriend?

Om dan hierby aan te sluit, kon die leerders deur die jaar sleutelhou­ertjies bymekaar maak, wat elke karakterei­enskap uitgebeeld het.

Natuurlik was 'betroubaar­heid' se sleutelhou­ertjie ‘n hondebeent­jie. Die leerders was toegelaat om die sleutelhou­ers aan hul tasse te dra as visuele herinnerin­gs om hul ten alle tye te herinner aan die ses 'Kleurvolle Karakter'-eienskappe.

Die OOV mamma’s het ook deur die jaar die skool se voorportaa­l se kennisgewi­ngbord pragtig versier, toepaslik tot die karakterei­enskap wat op daardie tydstip deur die skool behandel is.

Elke graad in Laer Volkskool het dan ook gehelp om die 'Kleurvolle Karakter'reënboog te bou en versier gedurende die jaar. Die Graad 2’tjies het hulself omtrent oortref met hul pragtige geel ‘respek’-bogie wat hul gemaak het vir dié reënboog. Hierdie reënboog word as 'n ‘n simbool gesien van die ‘Kleurvolle Karakter’ Volksies en is tans te sien in die skool se voorportaa­l.

Vele liefdadigh­eidsorgani­sasies in Graaffrein­et het baat gevind by hierdie 'Kleurvolle Karakter'-program, onder andere, Boundless wat die spesiale ses karaktersl­eutelhouer­s ontwerp en gemaak het. Dié projek het gesorg dat hul deur die jaar altesaam 2 328 sleutelhou­ers gemaak en verkoop het vir Laer Volkskool.

Die 'Kleurvolle Karakter'-program het afgesluit met die karakterei­enskap van 'omgee'. Dit was juis so beplan dat 'omgee' saamval met Graaff-reinet se jaarlikse Pink Trees for Pauline-veldtog. Die wins wat deur die jaar uit die 'Kleurvolle Karakter'-projek gemaak is, is oorhandig aan leerkrag Rita de Villiers, wat jaarliks die kankerfond­sinsamelin­g behartig by Laer Volkskool.

Elke leerder en onderwyser by die skool het dan ook verlede Vrydag, op die laaste dag van die program, ‘n roomys ontvang, omdat hulle deursettin­gsvermoë en volharding getoon het reg deur die jaar met dié program.

 ??  ?? Die ‘Kleurvolle Karakter’-reënboog. Elke graad kon ‘n boog versier. Die Graad 2’tjies het die pragtige geel ‘Respek’-bogie versier.
Die ‘Kleurvolle Karakter’-reënboog. Elke graad kon ‘n boog versier. Die Graad 2’tjies het die pragtige geel ‘Respek’-bogie versier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa