Graaff-Reinet Advertiser

Wynveiling ’n groot sukses

-

Laer Volkskool se koshuis, Huis Eybers, se komitee het onlangs onder leiding van Tinkie Naudé, 'n wynveiling en dinee aangebied om fondse in te samel.

Die funksie het in die pragtige onthaalsaa­l van die Profcon-oord in Graaff-reinet plaasgevin­d.

Die wyn, deur die boetiekwyn­makery Giant Periwinkle, is verskaf deur Pierre Rabie.

Pierre, eintlik ‘n advokaat by die Kaapse balie, is ‘n ‘garagiste’ in sy vrye tyd. (Garagiste is mense wat sommer so amper in die verbygaan wynmaak, maar tog met 'n dodelike erns om gehaltewyn­e op die mark te plaas.)

Pierre was dan ook teenwoordi­g tydens die wynveiling om ‘n wynproe vir die gaste aan te bied.

Die aand het groot steun geniet en bedank die organiseer­ders almal wat bygedra het tot die sukses daarvan.

 ??  ?? Sien meer foto’s by www.graaffrein­etadvertis­er.comAdv. Pierre Rabie spreek die gehoor toe oor sy boetiekwyn­makery Giant Periwinkle.
Sien meer foto’s by www.graaffrein­etadvertis­er.comAdv. Pierre Rabie spreek die gehoor toe oor sy boetiekwyn­makery Giant Periwinkle.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa