Graaff-Reinet Advertiser

Heel eerste Top 20-toer op pad na Graaff-reinet

-

2019 merk die afskop van die heel eerste Top 20-toer.

Vir die wat nie weet nie - Top 20 is een van die top Tv-programme op kyknet NOU! en kuier elke Vrydagaand om 20:00 saam met jou. Aanbieder Willem Botha kuier saam met musiekvrie­nde in die ateljee en tel die week se Top 20 musiekvide­o’s af. Natuurlik kan jy weekliks saamkuier op kanaal 146 op Dstv.

Maar nou gaan Top 20 toer en aanbieder Willem Botha vat die pad saam met die talentvoll­e Franja du Plessis.

Saam gaan dié twee gehore vermaak met ‘n gatskop vertoning gevul met audio visuele elemente en natuurlilk al die treffers wat aanhangers wil hoor. Die toer skop op 23 Februarie in Centurion af en eindig op 6 Maart in George. Na ‘n vertoning op 27 Februarie in Cradock, stop dié toer op 28 Februarie in Graaff-reinet vir ‘n vertoning by Laer Volkskool.

Op 4 Maart sal daar in Middelburg by Hoërskool Middelburg gekuier word.

Willem Botha is ‘n gewilde keuse vir feeste reg oor die land en spog met verskeie toekenning­s en nominasies agter sy naam. Hy laat gehore - oud en jonk - lekker saam skoffel op sy musiek en stories wat hy deel. Hy is ook deesdae die aanbieder van Top 20 asook veldaanbie­der vir Kwêla en hou ook sy lyf fotograaf waar hy al verskeie tydskrif voorblaaie deur sy lens geneem het, maar musiek bly sy eerste liefde.

Sy vierde album Soen & Vergeet is tans op die rakke met ‘n splinternu­we album wat vroeg 2019 die lig sal sien. Hy het ook al sy verskyning op die silwerdoek gemaak in flieks soos Liefling en Pretville asook die kassie met reeks soos Donkerland en Sterlopers. Wat musiekteat­er betref was hy ook te sien in Tree Aan! en Reik Na Die Sterre.

Franja du Plessis is net so veelsydig en natuurlik sag op die oog. Haar debuutalbu­m het binne vier maande goue status bereik en haar musiekvide­os spog met meer as ‘n miljoen kyke op Youtube.

Haar tweede album, Hittegolf, is laat 2018 vrygestel en sy is geliefd onder oud en jonk.

Sy het ook haar lyf akteur gehou in die musiekflie­k As Jy Sing saam met Leah en Bobby van Jaarsveld.

Sy is ook medeskrywe­r van van Juanita du Plessis se grootste treffers soos Om Jou Pinkie en Kaalvoetki­nd.

 ??  ?? The stone pathway at Union High School was envisioned as an area that could somehow symbolise each and every learner at school, past and present, and at the same time bring the beauty of the surroundin­g Karoo onto the campus. ABOVE: Sima Desemela INSET: Amanda Brink.
The stone pathway at Union High School was envisioned as an area that could somehow symbolise each and every learner at school, past and present, and at the same time bring the beauty of the surroundin­g Karoo onto the campus. ABOVE: Sima Desemela INSET: Amanda Brink.
 ??  ?? Franja du Plessis.
Franja du Plessis.
 ??  ?? Willem Botha.
Willem Botha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa