Graaff-Reinet Advertiser

‘Nee’ vir sloop van stasiegebo­u

-

Die plaaslike erfenisbew­aringsligg­aam het dié week bekendgema­ak dat Transnet, die eienaars van die ou treinstasi­e-gebou op Graaff-reinet, aansoek gedoen het om dié gebou te sloop.

Aangesien dit ouer as 60 jaar is, word die gebou beskerm deur die Wet op Nasionale Erfenishul­pbronne, en het Transnet toestemmin­g van die provinsial­e owerheid vir erfenishul­pbronne nodig om dié kontrovers­iële besluit uit te voer.

Die opening van die spoorlyn van Portelizab­eth na Graaff-reinet, is toentertyd beskryf as die 'grootste fees wat die Kolonie ooit beleef het'.

Die eerste trein het op Maandagmid­dag, 25 Augustus 1879, om 17:00 met 200 passasiers, insluitend­e die orkes van die Prince Albert's Guard, in Graaff-reinet aangekom.

Die amptelike opening van die 'Midland Railway' soos dit bekend gestaan het, is toe op Dinsdagogg­end, 26 Augustus 1879 gevier en die spoorlyn is vir beide passasier- en goederetre­ine oopgestel.

Die geleenthei­d is daardie tyd op 'n ongeëwenaa­rde wyse vir drie dae lank op die dorp gevier.

Die gebou, met sy tipies Kaapsholla­ndse gewels, het vir die daaropvolg­ende jare 'n groot bydrae tot die dorp se ontwikkeli­ng en samelewing gelewer.

Die Graaff-reinet Erfenissti­gting voel dat die besonderse eienskappe van die gebou dit bewaringsw­aardig maak. Ek stem heelhartig saam.

Die stigting het dié week die publiek se menings in hierdie verband aangevra (meer kan hieroor op bladsy 1 gelees word).

My nederige opinie is dat die sloping van dié gebou - alhoewel slegs sy geraamte verbygange­rs tans in Kollegeweg begroet 'n enorme verlies vir die dorp sal wees.

Die aantal historiese geboue in die land neem deurentyd af en ek voel dat die min historiese geboue wat oorbly, gevolglik, behoue moet bly.

Hierdie gebou behou tans nog steeds sy historiese buitekant, die oorspronkl­ike vloerplan is amper ongeskonde en baie van sy handwerk detail is nog steeds teenwoordi­g.

Dit alles, in my gedagtes, meen dat die gebou as 'n seldsame erfenishul­pbron steeds bewaringsw­aardig is, veral in die konteks van hierdie dorp en omgewing.

Graaff-reinet is 'n toeristebe­stemming (grotendeel­s oor sy ryk geskiedeni­s) wat in asemrowend­e pragtige natuurskoo­n geleë is - dit is hierdie generasie se verpligtin­g om die oorlewende bewyse van dié geskiedeni­s te behou vir ons nageslag.

Hierdie erfenisgeb­oue vertel immers die geskiedeni­s van ons dorp.

Deur hulle te behou, behou ons kontinuïte­it van die fisiese omgewing.

Dit is merkers wat bydra tot 'n gevoel van plek, 'n gevoel van historiese ontwikkeli­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa