Graaff-Reinet Advertiser

Posduifklu­b neem na 56j afskeid van ’n legende

-

Verlede Saterdagaa­nd, 17 November, het die lede van die Merino Posduifklu­b van Graaff-reinet by hul jaarlikse prysuitdel­ing, afskeid geneem van 'n besonderse klublid wat oor die laaste 30 jaar meer as enige ander lid as klubkampio­en gekroon is.

Pierre Els het op 79-jarige ouderdom besluit hy gaan dié sport vaarwel roep - hy en sy eggenote Adrie wil nou 'n bietjie die land gaan verken.

Om 'n vliegloopb­aan van meer as 'n halwe eeu te kroon, het hy wéér die seisoen as klubkampio­en afgesluit.

Die klub het hom vereer met 'n trofee vir die 56-jaar wat hy as lid van die klub aktief was.

Die ander lede wat presteer het die pas afgelope seisoen is Petrie Maré wat aangewys is as reserwe kampioen en David Hampton wat die derde plek opgeraap het.

As dit nie was vir sy ongereelde ure van werk nie, kon JR Marais beter gedoen het as sy vierde posisie onder die klublede - hy het egter vir die tweede keer in 'n ry agter David Hampton geëindig in die Ope Noordwedvl­ugte.

Pierre Els is as die Jaaroud Noordkampi­oen gekroon en David Hampton as die Algehele Noord-kampioen.

Met die Suid-wedvlugte is Els as kampioen in al die afdelings aangewys. Petrie Maré het erkenning gekry vir die 'beste duif vir die seisoen'.

"Dié sport gaan baie armer wees sonder oom Pierre, maar ons almal gun hom en tannie Adrie die rondryery," meen 'n woordvoerd­er vir die klub, Petrus Blignaut.

Dié sport gaan baie armer wees sonder oom Pierre maar ons almal gun hom en tannie Adrie die rondryery.

 ??  ?? Die Merino Posduifklu­b se kampioen vir 2018, Pierre Els (links), word deur Petrus Blignaut geluk gewens. Els het Saterdag die klub gegroet.
Die Merino Posduifklu­b se kampioen vir 2018, Pierre Els (links), word deur Petrus Blignaut geluk gewens. Els het Saterdag die klub gegroet.
 ??  ?? Petrie Maré (algeheel 2de) spog met die beste duif.
Petrie Maré (algeheel 2de) spog met die beste duif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa