Wep­pie P­rep­pie groet ge­lief­de skool­hoof

Graaff-Reinet Advertiser - - Voorblad -

Sy was al 'n in­stel­ling, deel van die meu­bel­stuk­ke by die skool, maar ver­le­de Vry­dag, 23 No­vem­ber, het 'n ge­lief­de skool­hoof en juf­frou, Ka­rin van Wyk, vir die laas­te keer by die skool­hek van die WE Pie­naar Pre-pri­mê­re Skool, of­te­wel Wep­pie P­rep­pie, uit­ge­stap.

Ka­rin se laas­te dag was ge­ken­merk deur leer­lin­ge wat met tra­ne in hul oë van hul ge­lief­de juf­frou moes af­skeid neem.

Die oor­blyf­sels in haar nóú leë klas, soos die tal­le kleur­vol­le pren­te teen die muur, ver­tel 'n u­nie­ke sto­rie van haar tyd by die skool.

Ka­rin was be­trok­ke in die on­der­wys vir die pas af­ge­lo­pe 40 jaar, waar­van sy 39 jaar daar­van by Wep­pie P­rep­pie in diens was. Hier was sy vir 29 jaar, se­dert 198

9 tot en met haar uit­tre­de ver­le­de week, skool­hoof.

Sy het van die be­gin af as die skool se Graad R-juf­frou ‘n groot ver­skil in dié skool se ge­meen­skap ge­maak en het sy la­ter as skool­hoof Wep­pie P­rep­pie met ‘n kalm, maar ferm hand ge­lei en be­stuur.

Ty­dens die Graaff-rei­net Ad­ver­ti­ser se be­soek aan Ka­rin in haar klas ver­le­de week, ver­tel sy hoe sy haar loop­baan as op­voe­der by La­er­skool A­den­dorp in 1978 be­gin het, waar­na sy in 1979 by Wep­pie P­rep­pie be­gin werk het on­be­wus van hoe lank sy daar sal diens doen en hoe­veel men­se haar pad sou kruis.

Sy sê dat sy al hoe meer be­sef dat die skool haar roe­ping was en dat dit al­les deel was van 'n "ho­ër hand" se be­skik­king.

"Ek het 'n baie groot deel van my le­we in die gan­ge en klas­ka­mers van dié skool deur­ge­bring. Van­dag weet ek dit was al­les deel van die doel van my le­we en ek is nie een dag daar­oor spyt nie. By Wep­pie P­rep­pie het ek werk­lik die ge­leent­heid ge­had om as on­der­wy­ser te ont­wik­kel en groei en kon ek my pas­sie vir die on­der­wys uit­leef op ve­le ter­rei­ne," sê sy.

E­ni­ge skool funk­si­o­neer as ge­volg van die toe­wy­ding en uit­hou­ver­moë van die on­der­wy­sers, daar­om be­dank sy graag die per­so­neel vir hul har­de werk en vir die hoog­staan­de ge­hal­te van on­der­rig.

"Ek was be­voor­reg om saam met kol­le­gas te kon werk wat die be­lan­ge van die skool op die hart dra en vir die kleu­ters van Wep­pie P­rep­pie al­tyd die ek­stra myl sou loop," meen Ka­rin.

Be­ne­wens haar skool­fa­mi­lie, gaan sy die ge­raas van die leer­ders ook mis. "'n Kind kan nie die he­le dag in stil­te werk nie," sê sy lag­gend.

Op die vraag 'Wat maak 'n goeie on­der­wy­ser?', ant­woord sy, "Ge­duld en die ver­moë om op­reg na kin­ders te luis­ter".

Ka­rin sê die op­regt­heid van Wep­pie P­rep­pie se ou­ers is iets wat haar baie na aan die hart ge­lê het.

"Hier­die ou­ers se kin­ders is hul­le al­les! Hul­le is een­vou­dig eer­lik en toe­ge­wyd in hul on­der­steu­ning vir die skool," sê Ka­rin.

E­le­ne Les­ch, wat na Ka­rin se af­tre­de as waar­ne­men­de skool­hoof in­ge­tree het, sê, "Tot­siens sê is al­tyd swaar! Ka­rin was 'n on­der­wy­ser deur-en-deur en wou al­tyd 'n ver­skil in die kin­ders se le­wens maak."

"Die skool­ge­meen­skap van Wep­pie P­rep­pie sê graag vir Ka­rin baie dan­kie vir haar ja­re se toe­wy­ding en ons wens haar ‘n vreug­de­vol­le af­tre­de toe," sê E­le­ne.

Ka­rin van Wyk het ver­le­de week, na 40 jaar in die on­der­wys, af­ge­tree. Hier ver­skyn sy met Wep­pie P­rep­pie-leer­ders, Ila­na Ver­wey, Zas­kia Eras­mus, Em­ma Bur­ger, Da­ni­ël Er­lank, Han­ru Ra­de­man, (voor) Gi­o­van­ni Maar­man, Kay­la Loots en He­len Grob­be­laar, op haar laas­te dag by die skool. LINKS: Die be­stuurs­raad en per­so­neel van Wep­pie P­rep­pie, saam met hul met­ge­sel­le en die skool­hoof van La­er Volk­skool, De­on Jou­bert, en sy eg­ge­no­te, het on­langs ‘n af­skeids­e­te vir Ka­rin van Wyk by Pol­ka ge­hou. ‘n Groe­pie ma’s ver­bon­de aan Wep­pie P­rep­pie het on­langs ‘n ge­sel­li­ge af­skeid vir Ka­rin van Wyk ge­hou. Hier ver­skyn Mar­le­ne Pe­ar­son saam met Ka­rin, Tas­min Knoe­sen, A­mo­ri van Jaars­veld, An­na­li­ze S­teyn, Ro­bin Ter­blan­che en Hel­na van Rooy­en.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.