Ge­meen­te vier 140 goue ja­re

Graaff-Reinet Advertiser - - Classifieds -

Die NG kerk Nieu-bet­hes­da het die pas af­ge­lo­pe na­week, van 23 tot 25 No­vem­ber, ‘n baie ge­se­ën­de en suksesvolle 140-ja­ri­ge her­den­kings­fees aan­ge­bied.

Daar was ge­sok­kie, ge­loop, ge­hard­loop, ge­stap, fiets­ge­ry en baie ge­sels, ge­kui­er, ge­ëet en ge­drink.

Vry­dag­aand het die fees af­ge­skop met ‘n suksesvolle dans by die sport­klub wat tot die vroeë og­gend­u­re ge­duur het.

Kort daar­na, reeds om 05:00 die Sa­ter­dag­og­gend, het meer as 100 at­le­te be­gin in­skryf vir die veld­wed­lo­pe en -fiets­ry.

Die al­ge­he­le wen­ner van die 21km­veld­wed­loop was Ri­car­do Meer­met, ter­wyl Tin­kie Nau­dé die eer­ste vrou oor die wen­streep was.

Die 12km-veld­wed­loop is ge­wen deur Frans S­mit, ter­wyl Lou­i­da Ja­cobs die eer­ste vrou was wat dit vol­tooi het.

Die 25km-veld­fiets­wed­ren is ge­wen deur Eu­ge­ne du P­les­sis met Li­zan­ne van der Mer­we wat met die lou­e­re on­der die vrou­ens weg­ge­stap het.

Deur die loop van die og­gend is daar ge­sel­lig ge­kui­er in die tee­tuin wat deur die da­mes van die ge­meen­te ‘be­man’ is.

In reg­te ba­saar-tra­di­sie is kof­fie, jaf­fles, roos­ter­koek, ker­rie-en-rys, so­sa­ties, koek­sis­ters en ve­le an­der eet- en drink­goed te koop aan­ge­bied.

Rond­om 12:00 die mid­dag het daar ‘n krans­leg­ging in die be­graaf­plaas plaas­ge­vind om eer te bring aan die va­der van die dorp, Ba­rend Ja­co­bus Pie­naar; die langs­die­nen­de or­re­lis­te, E­li­se Pie­naar, as­ook an­der oud­ge­meen­te­le­de.

Die krans­leg­ging op Pie­naar se graf is waar­ge­neem deur Boe­tie Pie­naar en Y­von­ne du P­les­sis, al­bei di­rek­te af­stam­me­lin­ge van Pie­naar.

‘n Pot­jie­kos­kom­pe­ti­sie met ne­ge in­skry­wings het die mid­dag vir ver­de­re pret en kui­er by die sport­klub ge­sorg.

Die al­ge­he­le wen­ner van die pot­jie­kos­kom­pe­ti­sie was Pe­ter Plumste­ad en fa­mi­lie met ‘n Ma­rok­kaan­se hoen­der-en­bot­ter­skor­sie pot.

Die bes­te te­ma-prys het ge­gaan aan die 'Tot-hier­toe Pad­stal' met hul te­ma van 'Af­fie-plaas' en die Gees­wen­ner was die Wol­fies (Wol­f­aardt-fa­mi­lie).

Daar was selfs ‘n prys toe­ge­ken vir die bes­te “spook­pot” aan die Pie­naars - met geen pot! Ook an­der troos­pry­se is toe­ge­ken: mees u­nie­ke be­stand­deel aan die Tak­bok­pot van Re­tief­fa­mi­lie, mooi­ste voor­sko­te aan die Ga­no­ra- span en bes­te op­ko­men­de pot­jie aan die jong Wol­f­aardts!

Son­dag­og­gend het ‘n ge­se­ën­de Fees­diens met Nag­maal in die kerk­ge­bou plaas­ge­vind.

Van­af 08:30 het A­de­leen Nel die reg­te ge­wy­de at­mos­feer ge­skep met haar prag­ti­ge or­rel­spel.

Ds Jo­han Ester­huy­sen, tans van A­li­walnoord, het die diens waar­ge­neem. Sy te­ma was: “Bet­hes­da” - plek van lo­pen­de wa­ter; net soos die fon­tein wat wa­ter aan die dorp Nieu-bet­hes­da ver­skaf, vir meer as 140 jaar nog nooit op­ge­droog het nie, so het hier­die ge­meen­te se ge­loof hul ook vir 140 jaar on­der­hou.

Die ge­meen­te wil hul dank uit­spreek aan al­mal wat die ver­rig­tin­ge by­ge­woon of deel ge­had het aan die be­plan­ning en uit­voe­ring daar­van. Spe­si­a­le dank aan Pier­re en E­li­z­na Fou­rie vir hul har­de werk, voor en ag­ter die skerms.

"Deur God se wil het ‘n ge­meen­te 140 jaar te­rug hier tot­stand ge­kom en al­le lof, eer en dank aan Hom. Deur al die ja­re het Hy ge­trou voor­sien en kyk die ge­meen­te van­dag te­rug op 140 jaar van ge­na­de!"

Meer as 100 at­le­te het in­ge­skryf vir die veld­wed­lo­pe en fiets­ry.

Die prag­ti­ge Ng-kerk op Nieu-bet­hes­da vroeg­og­gend met die weg­spring van die ver­skil­len­de wed­lo­pe en fiets­wed­ren­ne.

Die al­ge­he­le wen­ner van die pot­jie­kos­kom­pe­ti­sie was Pe­ter Plumste­ad en fa­mi­lie met ‘n Ma­rok­kaan­se hoen­der-en­bot­ter­skor­sie pot.

Or­ga­ni­seer­ders Pier­re Fou­rie en Ko­sie Wol­f­aardt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.