Kon­sert-uit­stap­pie na die wild­tuin groot pret

Graaff-Reinet Advertiser - - Classifieds -

Die Wep­pie P­rep­pie­kleu­ter­skool op Graaff-rei­net het ver­le­de Don­der­dag, 22 No­vem­ber, hul jaar­lik­se kon­sert, met die te­ma 'Op Sa­fa­ri in die Wild­tuin' aan­ge­bied.

Soos ou­der­ge­woon­te is die di­plo­ma­pleg­tig­heid van dié jaar se Graad R-leer­ders eers ge­hou, waar­na die ge­hoor op ‘n uit­stap­pie na die wild­tuin ge­neem is.

Daar het die klein kin­der­tjies vir ma en pa ge­wys hul ak­teur loop­ba­ne be­gin op ‘n jong ou­der­dom.

El­ke kind was die ene glim­lag­te toe hul­le - fraai aan­ge­trek vol­gens hul die­re­ka­ra­ka­ters in die wild­tuin - die ver­hoog be­styg het.

Die ou­ers het die aand baie ge­niet en was al­mal dit eens dat dit ‘n ge­pas­te af­slui­ting vir die jaar was.

Die kleu­ter­skool be­dank graag al­mal wat ‘n hand­jie by­ge­sit het in die kos­tuum ont­wer­pe en an­der re­ë­lings wat die aand so ‘n tref­fer ge­maak het. Fo­to’s deur Prins­loo P­ho­to­grap­hy.

Re­nos­ters Andrew Buys, Ne­va S­teyn­berg, Mil­la Vor­ster. Mel­ri­on Kit­chu en ‘n S­kat­ti­ge leeu, Zay­den Jo­seph.

An­na­bel­le Kru­ger, S­hay­din Le­wis, Chry­stal Block en Qi­and­ry G­reen het hul rol­le as lui­per­de vol­maak ver­tolk.

Meer fo­to’s by www.graaff­rei­ne­t­ad­ver­ti­ser.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.