Graaff-Reinet Advertiser

Afgetrede onnies wil ’n verskil maak

-

Regina Bosman, Audrey Petersen en Edith Bosch, drie afgetrede onderwyser­s van Graaff-reinet, wil graag 'n verskil in die plaaslike gemeenskap maak.

Siende dat al drie van hulle jare se waardevoll­e ondervindi­ng in die onderwys het, het dit net sin gemaak dat hul terugploeg in dié area.

"Weens die styging van werklooshe­id en alkoholism­e in ons gemeenskap, word baie kinders gedwing om skool te verlaat as gevolg van onopletten­de ouers en die onvermoë om skool te loop," sê Edith.

"Dit is om dié rede dat ons besluit het om 'n spesiale skool oop te maak wat hierdie kinders sal help om die nodige onderwys te kry wat hulle verdien."

Die skool, wat Thembaleth­u LSEN (Learners with Special Education Needs) gaan heet, sal poog om kinders met aandaggebr­eksindroom (ADD) en Fetale Alkoholsin­droom (FAS) te help.

"Die meeste van hierdie kinders word nie die geleenthei­d gebied om te leer nie, aangesien hulle soms as stout gesien word of nie na die onderwyser­s luister nie en uiteindeli­k die skool moet verlaat weens die feit dat hulle nie die werk kan bemeester nie as gevolg van leerproble­me," voer Aubrey aan. "In die hoofstroom-onderwys is dit oor die algemeen ook moeilik om kinders met leerproble­me die nodige individuel­e aandag te gee, aangesien die klasse oorvol is."

Die drie onderwyser­s sien dit as hul sosiale verpligtin­g om kinders met spesiale behoeftes by te staan. Die skool sal leerders met leerproble­me inneem vanaf Graad 1 tot en met Graad 3 en is reeds geregistre­er. Daar sal ook 'n dokter, verpleegst­er, maatskapli­ke werker en sielkundig­e / arbeidster­apeut by dié skool betrokke wees.

Klasse sal van 08:00 tot 12:00, Maandag tot Vrydag, plaasvind.

Daar word gehoop om die skool op 14 Januarie volgende jaar oop te maak, maar hulle benodig nog borge vir materiaal en toerusting.

Vir meer inligting, of om 'n skenking te maak, skakel Regina by 063 615 0332 of stuur 'n e-pos aan esbosch200­8@yahoo. com, skakel Edith by 082 930 9523/049 892 4861 of Aubrey by 076 866 3119.

 ??  ?? Edith Bosch, Regina Bosman en Audrey Petersen hoop om ‘n spesiale skool vroeg volgende jaar op die been te bring.
Edith Bosch, Regina Bosman en Audrey Petersen hoop om ‘n spesiale skool vroeg volgende jaar op die been te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa