Graaff-Reinet Advertiser

Sportscent­re in George ’n sportparad­ys

-

Die immer gewilde en diverse sportwinke­l Sportscent­re groei van krag tot krag. Sportscent­re het sy eerste treë in 2010 in George gegee. Die maatskappy beskik deesdae oor vyf winkels in die Suid-kaap, sowel as 'n aanlynwink­el, wat 'n heerlike gerief bied vir diegene wat tuisaflewe­ring verkies. Landswye aflewering van die produkte is gratis, vir produkte ter waarde van R500 en meer. Tydens 'n besoek aan een van Sportscent­re se takke, kan klante kies vanuit 'n verskeiden­heid van algemene sporttoeru­sting, sportskoen­e, hengeltoer­usting, sportklere, Kayake asook ander watersport­toerusting.

Die winkels is spesifiek toegerus om aan alle hengel en sportbehoe­ftes onder een dak te voorsien.

In die Nuwejaar open Sportscent­re 'n splinternu­we tak in Kaapstad, met planne vir verdere groei in die toekoms. Die eienaars, André en Deon Coetzer, is baie opgewonde oor hierdie vooruitsig. "Ons wil graag uitbrei na ander areas in die Wes-kaap," het André Coetzer gesê. Die maatskappy verskaf sporttoeru­sting aan 'n wye mark, insluitend leerders, groothande­laars en profession­ele sportlui.

Klante wat Sportscent­re-takke besoek kan elke eerste Maandag van die maand uitsien na afslag op feitlik alle items, terwyl die eerste Vrydag in die maand spesiale afslag aan aanlynklan­te bied. Die Sportscent­re-tak by die Eden Meander Lifestyle Centre beskik deesdae oor beide 'n sport- en hengelwink­el. Hierdie twee winkels is regoor mekaar in die winkelsent­rum. Met hierdie spesialisw­inkel vir hengelaars bied Sportscent­re 'n unieke ervaring vir vissermann­e.

 ??  ?? Sportscent­re by die Eden Meander Lifestyle Centre beskik oor beide ‘n sport- en hengelwink­el.
Sportscent­re by die Eden Meander Lifestyle Centre beskik oor beide ‘n sport- en hengelwink­el.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa