Graaff-Reinet Advertiser

Redakteurs­kolom deur Mariëtte Burger Agter die skerms

-

Elke nou en dan wonder ek wat mense oor my werk - en als wat dit behels - dink.

So op 'n afstand wonder ek of dit maklik lyk.

Daar gebeur mos nie regtig baie in 'n klein dorpie nie? Jy sit by 'n rekenaar, slaan 'n paar berigte saam oor 'n vertoning by die plaaslike teater of die nuutste verrigting­e by 'n skool, of jy skryf ietsie oor 'n nuwe winkel wat oopgemaak het, en daarsy... jou werk is afgehandel.

Die meeste van ons stories is seker nie so aardskudde­nd soos dié in die hoofstroom media nie, maar lesers verwag baie van hul plaaslike koerant - soos hulle moet.

Dikwels is die uitdaging eenvoudig net om tred te hou met al die nuutste gebeure in die omgewing en dan, sodra ek vasgestel het wat ek die dringendst­e oor moet skryf (onderhewig aan veranderin­g as gevolg van ontluikend­e nuus), om die nodige bronne op te spoor en met hulle te praat.

En laastens, my bes te doen om 'n samehangen­de, akkurate en regverdige berig saam te snoer.

Foute - groot of klein, werklik, of deur iemand as sulks beskou - word in ink geskryf - en daar is min dinge wat so kan vassit soos ink op papier.

Dokters kan hul foute begrawe, prokureurs s’n gaan tronk toe - ons s’n gaan die wêreld in.

Lesers laat weet my gou as hulle nie gelukkig is met iets wat ek geskryf het nie. Soos 'n proefleser eens uitgewys het: om ‘n koerant uit te gee hou jou nederig en bring jou hard aarde toe.

Perfeksie en sperdatums is geneig om teen mekaar te werk, ondanks (wat voel soos) lang werksdae. En ek is seker baie mense sal kan assosieër met 'n taaklys wat blyk of dit stadig maar seker net langer raak, ten spyte van jou beste pogings om dit korter te werk!

Maar, dit is immers wat die kinders "adulting" noem, en dit is seker nie bedoel om maklik te wees nie.

Daar is natuurlik ook baie lekker aspekte van dié werk - ek is bevooreg dat deel van my werk die neem van foto's by plaaslike geleenthed­e en vieringe behels.

En ek geniet dit om stories te skryf oor plaaslike mense wat hul passies uitleef, of dit nou 'n nuwe besigheid is wat oopmaak of 'n interessan­te stokperdji­e wat iemand beoefen.

Om nuwe mense te ontmoet en na hul stories te luister, is verseker my gunsteling deel van joernalist­iek.

Om oor my spelling of taalgebrui­k gekritisee­r te word, die slegste deel.

Maar dit is ook nodig en hou my op my tone!

My werk is vir my uiters betekenisv­ol, grotendeel­s oor my verbinteni­s met hierdie dorp. Graaff-reinet sal altyd my tuiste wees en ek voel geëerd om, vir nou, elke week die eerste weergawe van ons liefling dorp se geskiedeni­s te kan skryf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa