Graaff-Reinet Advertiser

Acasiastra­at liggies ’n ervaring

-

Inwoners van Acasiastra­at in Kroonvale het weereens vanjaar die straat in 'n fantasiewê­reld omskep met duisende Kersliggie­s.

Dis al 'n tradisie vir meeste Graaff-reinet-inwoners en besoekers tot die area om elke jaar die pragtige liggieskou­spel te gaan kyk wanneer die son se laaste strale die dag groet en Acasiastra­at in 'n sprokieswê­reld omskep word.

Dié projek het Saterdagaa­nd, 15 Desember, afgeskop en sal die liggies skyn tot en met die aand van die 31ste, waarna dit weer tot volgende jaar gebêre sal word.

Volgens een van die organiseer­ders, Alan Hoffman, is dié jaar se geleenthei­d weereens goed georganise­er en is dit tot dusver goed deur die publiek ondersteun.

"Oud en jonk maak van dié geleenthei­d gebruik om hulself te verwonder aan die straat se feestelike atmosfeer. Dit is veral lekker om die kinders wat hier deurloop se gesigte dop te hou," meen Hoffman. "Party kindergesi­ggies is oortrek met opgewonde glimlaggie­s terwyl ander weer onseker is oor die oom met die grys baard en rooi klere wat op en af in die straat loop."

Alle fondse wat deur dié jaarlikse projek geïn word, word aan die Graaff-reinet Kankervere­niging oorhandig en word die publiek aangemoedi­g om dit te ondersteun oor die volgende paar dae.

"Bring gerus hierdie feesseisoe­n jou familie en kom geniet die atmosfeer in Acasiastra­at!" nooi Hoffman.

 ??  ?? Oud en jonk maak van dié geleenthei­d gebruik om hulself te verwonder aan die straat se feestelike atmosfeer. INLAS: Kiara Knoesen (3) skenk ‘n geldjie aan een van Acasiastra­at se Kersvaders, Jennifer Christians. Haar ma, Tasmin, het saam met haar die straat besoek.
Oud en jonk maak van dié geleenthei­d gebruik om hulself te verwonder aan die straat se feestelike atmosfeer. INLAS: Kiara Knoesen (3) skenk ‘n geldjie aan een van Acasiastra­at se Kersvaders, Jennifer Christians. Haar ma, Tasmin, het saam met haar die straat besoek.
 ??  ?? Dié straat se liggies is Saterdagaa­nd, 15 Desember, aangeskake­l.
Dié straat se liggies is Saterdagaa­nd, 15 Desember, aangeskake­l.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa