Graaff-Reinet Advertiser

Doelwitte word bereik met Hope-vakansiepr­ogram

-

Die plaaslike Hopeorgani­sasie het onlangs 'n vakansiepr­ogram aan die jeug van Graaffrein­et aangebied.

Die program, wat praatjies deur die plaaslike polisie oor die gevaar van dwelms ingesluit het, was oor die loop van 'n week daagliks by 'n ander skool aangebied met die hoop om soveel moontlik kinders by die program te betrek.

Graad 7-leerders van, onder andere, die Isibane, Thembalisi­zwe, Kroovale, Lingcom, Ryneveld, Narsingstr­aat en Graaff-reinet primêre skole is hierby betrek. Die opening is daagliks waargeneem deur Johnny Swartz, die organisasi­e se voorsitter, waarna die kinders deur die polisie toegespree­k is en daarna sportlesse vanaf Michael Hector, 'n plaaslike skolerugby­afrigter, ontvang het. Die leerders het elk 'n kospakkie ontvang om die dag mee af te sluit. Tydens elke dag se sessie, het die kinders die broodnodig­e inligting ontvang om nee te sê vir dwelms, waarheen om te gaan wanneer geweld in die huis plaasvind en dat dit hul reg is om veilig te voel en te wees. Tientalle leerders het deelgeneem en baatgevind by dié program en Swartz is baie gelukkig met hoe dit uitgedraai het.

"Die kinders was baie positief en het aan al die aktiwiteit­e deelgeneem. Dit het hulle van die straat af gehou en weg van misdaad. Ons sal die program beslis weer aanbied en hoop om nog baie meer kinders hierdeur in die toekoms te betrek," sê Swartz.

Enige iemand wat meer hieromtren­t wil uitvind, of in die toekoms hierby betrokke wil raak, kan Swartz skakel by 079 292 0235, 074 937 7456 of swartz. johnny@yahoo.com

 ??  ?? Tientalle leerders van verskeie primere skole in die omtrek het aan die vakansiepr­ogram van die Hope-organisasi­e deelgeneem.
Tientalle leerders van verskeie primere skole in die omtrek het aan die vakansiepr­ogram van die Hope-organisasi­e deelgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa