Graaff-Reinet Advertiser

Plaaslike sibbe wys wie’s baas in water

-

Soos oudergewoo­nte het die top swemmers in die Oostelike Provinsie oor die eerste naweek in Desember in Port-elizabeth saamgetrek om deel te neem aan die Opswemkamp­ioenskappe.

Hierdie byeenkoms word jaarlikse gehou om te bepaal wie die beste swemmers in die OP is. ‘n Swemmer moet eers kwalifisee­rende tye swem om aan dié gala te kan deelneem.

Drie jong swemmers van Graaffrein­et, verbonde aan Hoër Volkskool (HVS), het egter aan die strawwe kwalifikas­ies voldoen en het dus hul staal getoets teen die top swemmers in die provinsie tydens dié onlangse byeenkoms.

Rianco Vermeulen het aan die mans-ope deelgeneem en het strawwe mededingin­g gehad.

Hy kon egter nie hierdie seisoen oefen soos hy gewoonlik doen nie, maar het onder omstandigh­ede goeie tye geswem. Die ander twee swemmers van Volkskool wat deelgeneem het is Marlien en Llewellyn Crewe-brown. Hierdie sibbe het ‘n besonderse goeie gala beleef en hul afrigter by HVS en die Graaff-reinet Swemklub, Corlé Ferriera, was baie ingenome met hul uitslae.

“Llewellyn en Marlien het baie hard geoefen hierdie kwartaal en dit het beslis vrugte afgewerp by die Opswemkamp­ioenskappe,” sê Corlé. “Hul tye was in bykans elke resies persoonlik­e bestes en dus is dit geen wonder dat hul onder die top 10 swemmers in die OP gereken word nie. Ek verwag dat hul baie goed sal presteer in die onderskeie skool- en interskool-galas vroeg volgende jaar en ook goeie rekenskap van hulself sal gee by die Sastreeksk­ampioenska­ppe in Maart.”

Marlien Crewe-brown is onder die top 12 in haar ouderdomsg­roep in die rug- en borsslag items aangewys en haar broer, Llewellyn, is onder die top 5 in die rug-, vlinder- en vryslagite­ms aangewys. Hy het ook dan ‘n paar medaljes losgeswem vir sy tweede plek in die 100m en 200m rugslag en derde plek in die 50m rugslag.

Die Volkskool-gemeenskap is baie trots op dié drie uitmuntend­e swemmers.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Llewellyn Crewe-brown (regs) ontvang sy silwer medalje vir sy tweede plek in die 100m rugslag.
Llewellyn Crewe-brown (regs) ontvang sy silwer medalje vir sy tweede plek in die 100m rugslag.
 ??  ?? Marlien Crewe-brown in die water tydens die onlangse Op-kampioensk­appe.
Marlien Crewe-brown in die water tydens die onlangse Op-kampioensk­appe.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa