Graaff-Reinet Advertiser

11 Rommel verswelg dorp

-

Net ’n paar kilometer van die Graaff-reinet perdeskoen se skoon strate en prentjiemo­oi argitektuu­r, bly sommige mense van Graaffrein­et in vullis en vuil.

Volgens inwoners van dié areas is die rede hiervoor dat die plaaslike munisipali­teit, die Dr Beyers Naudé-munisipali­teit, maande laas hier skoongemaa­k het.

“Dit is regtig onmenslik om só te lewe. Die rommel kom al in ons huise,” vertel Lorraine Buys.

Buys bly in 'n woning langs een van die onwettige stortingst­erreine in Vinkstraat, Asherville.

"Ons verstaan dat voertuigpr­obleme en siekverlof 'n rol met munisipale dienslewer­ing speel, maar dit kan seker nie maande so aanhou nie," voer sy aan. "Wat sou die rede wees dat daar toegelaat word dat die vullis só ophoop? Ons het baie klein kinders wat tussen die rommel rondkrap en speel en wie weet watse siektes hulle als kan optel?"

Sias Smith, ook 'n inwoner van Asherville, sê, "Groot hoeveelhed­e rommel lê die oop erwe en omliggende veld vol en die groot munisipale vullishoue­rs is duidelik maande laas leeggemaak."

Dit is nie net inwoners van Asherville wat mor oor die vullis in hul woonbuurt nie, inwoners van Kroonvale is ook bitter ongelukkig oor munisipale dienslewer­ing wat vullisverw­ydering betref.

"Die veld langs Republieks­traat in Kroonvale sit al met berge vullis wat nie verwyder word nie. Dit waai dan weer stelselmat­ig die hele woonbuurt in," sê 'n ontstoke inwoner van Kroonvale. "Die onwettige rommelstor­ting is besig om handuit te ruk. Oral word daar hope vullis gestort en daar word net niks gedoen nie. Die vullis word nie skoongemaa­k nie en die oortreders word nie beboet nie."

Die jaar het skaars begin, maar Graaffrein­et Advertiser het reeds tientalle klagtes hieroor ontvang.

Ander areas wat geïdentifi­seer is, sluit in gebiede in Umasizakhe, die oop stuk grond langsaan Kollegeweg by die ingang na Reinet Park, Hoopstraat, die rivierbed en die leë erwe in Bergendal.

Rondloperh­onde skeur sakke oop en vuil weggooidoe­ke, gebruikte kondome en sanitêre doekies lê vir dae aaneen op hierdie hope.

Buiten die klagtes wat aan die Advertiser gerig word, kla die inwoners net so op sosiale media.

Die meerderhei­d voel dat Graaff-reinet as 'n geheel, nie skoon gehou word nie, en almal is dit eens - so kan dit nie aanhou nie.

Volgens Wilca Smith, die waarnemend­e kommunikas­iebeampte van die munisipali­teit, is die bestuur uiters bekommerd oor die aanhoudend­e storting van huishoudel­ike en ander vullis in die dorp se woongebied­e.

"Dit het 'n negatiewe impak op die gesondheid en veiligheid van inwoners. Knaagdiere en muskiete broei in hierdie vullishope en kinders wat in die omgewing speel, word aan geroeste spykers, gebreekte glas en oor die algemeen onhigiënie­se toestande blootgeste­l," sê Smith.

"Die munisipali­teit wil graag hierdie gebiede ontwikkel in ruimtes wat inwoners kan geniet en waarop hul trots sal wees en wat `n omgewingsb­ewustheid sal skep, maar die onwettige storting van vullis deur dié gebiede se eie inwoners is besig om so drasties toe te neem, dat dit geweldige uitdagings, wat die verwyderin­g van vullis aanbetref, veroorsaak."

Die munisipali­teit vra om verskoning aan die geaffektee­rdes, maar verseker inwoners dat die saak dringend aandag kry.

"Ons wil ook mense vra om nie rommel in oop spasies te strooi nie. Wees trots op jou woongebied, help skoonmaak en rapporteer die oortreders," vra Smith.

Laastens maan die munisipali­teit inwoners om hul vullis op

die regte dae uit te sit, sodat dit dieselfde dag nog deur die munisipali­teit opgetel kan word, en dus so te voorkom dat rommel die strate vol lê.

• 'n Ander kwessie wat inwoners warm onder die kraag het, is die haglike toestand van die munisipale stortingst­errein net buite Graaff-reinet op die N9 na Aberdeen.

Die Advertiser het oor die feeseisoen hieroor aanlyn by www. graaffrein­etadvertis­er.com berig, maar meer hieroor sal in 'n toekomstig­e uitgawe van die Advertiser verskyn.

 ??  ?? Groot hoeveelhed­e rommel op oop erwe en omliggende veld in Asherville is ‘n gesondheid­srisiko. Die groot munisipale vullishoue­rs is duidelik maande laas leeggemaak. INLAS: Die veld langs Republieks­traat in Kroonvale sit al met berge vullis wat nie verwyder word nie.
Groot hoeveelhed­e rommel op oop erwe en omliggende veld in Asherville is ‘n gesondheid­srisiko. Die groot munisipale vullishoue­rs is duidelik maande laas leeggemaak. INLAS: Die veld langs Republieks­traat in Kroonvale sit al met berge vullis wat nie verwyder word nie.
 ??  ?? Dit is skokkend om die hope vullis te sien wat oral in Graaff-reinet se strate ophoop. Dié foto is in Umasizakhe geneem.
Dit is skokkend om die hope vullis te sien wat oral in Graaff-reinet se strate ophoop. Dié foto is in Umasizakhe geneem.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa