Graaff-Reinet Advertiser

Ryneveld-leerders leer skaak speel

-

“‘n Goeie skuif is al wat saak maak op ‘n skaakbord.”

Só het die bekende grootmeest­er Bobby Fischer gesê.

By Ryneveld Primêr word dié strategies­e spel met groot entoesiasm­e onder die leerders beoefen.

“Ek glo hierdie is ’n fantasties­e spel om Ryneveld se leerders sosiaal en kognitief te stimuleer,“het Corleen van der Walt, ‘n onderwyser van die skool en self ‘n ywerige skaakspele­r, gesê.

Alhoewel die spel eers verlede jaar bekendgest­el is by die skool, het die leerders vinnig die reëls van die spel bemeester.

“Ons is verbaas oor van die Ryneveldle­erders wat sommer vinnig die ander in skaakmat gesit het,” het Van der Walt, vertel.

Die leerders het verlede jaar reeds aan ‘n paar plaaslike toernooie deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.

“Die voordele wat skaak inhou vir die leerders van Ryneveld is veelvoudig en hoop ek om soveel moontlik kinders hierby te kan betrek,” sê Van der Walt.

Volgens Van der Walt berei die spel die leerders voor vir die lewe deurdat dit hul leer hoe om ‘n probleem te identifise­er, ‘n skuif te bepaal en verantwoor­delikheid te neem vir die skuif wat hul gemaak het.”

“Ek glo die sport gaan nog baie deure oopmaak vir ons leerders, maar vir nou hoop ek dat die leerders toegewyd sal bly, hul spelvernuf deurlopend sal slyp en hul staal sal wys by die toernooie wat vir die jaar beplan word.”

 ??  ?? Die leerders van Ryneveld gee hul pousetyd prys om hul skaak vaardighed­e met vriendskap­like wedstryde te probeer verbeter.
Die leerders van Ryneveld gee hul pousetyd prys om hul skaak vaardighed­e met vriendskap­like wedstryde te probeer verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa