Graaff-Reinet Advertiser

Nuwe huisouers vir Hvs-koshuis

-

Jaco en Janine van Schalkwyk is onlangs as die nuwe huisouers van Hoër Volkskool se Huis Cronje aangestel.

Janine het groot geword in Bloemfonte­in waar sy haar skoolloopb­aan en daarna haar tersiêre studies voltooi het.

Sy het aanvanklik ‘n graad in onderwys behaal, maar die sielkunde het haar meer gefassinee­r. Sy het dus ‘n Honneursgr­aad in Opvoedkund­ige

Sielkunde behaal en ook hierna haar Meestersgr­aad in Spelterapi­e voltooi.

Haar eggenoot, Jaco, is oorspronkl­ik van Vanwyksvle­i in die Nood-kaap.

Hy was in Carnarvon op laerskool, maar het sy hoërskool loopbaan voortgesit by Paarl Boys High in die Paarl.

Hy het voorts by Stellenbos­ch studeer, maar die Westelike Provinsie het hom ‘n kontrak aangebied en sy rugbyloopb­aan het begin.

Jaco het hierna ‘n pos aanvaar by die Cheetahs en dit is waar hy vir Janine ontmoet het... in ‘n Pick n Pay in Bloemfonte­in. Jaco het intussen ook Springbok 7's gespeel vir vier jaar.

Jaco en Janine was lank slegs vriende en hul paadjies het geskei toe Jaco in Italië rugby gaan speel het en Janine in Durbanvill­e gewerk het.

Die koeël was egter deur die kerk toe Jaco terugkeer uit Europa en het die paartjie toe in Johannesbu­rg die knoop deurgehaak en vir 'n rukkie dit hul tuiste gemaak terwyl Jaco vir die Lions gespeel het.

Jaco en Janine het hierna in Rome, Italië, gaan woon, asook in Bordeaux in Frankryk.

Met hul terugkeer na Suid-afrika het Jaco ‘n laaste kontrak aanvaar by die Kings in Portelizab­eth. In 2011 is hul dogtertjie, Zenicke, in Port Elizabeth gebore en in 2015 hul seun, JJ.

Die paartjie het na agt jaar in Portelizab­eth besluit om die sjarme van die platteland aan te gryp en hulself toe in Graaff-reinet kom vestig. Jaco is deur Hoër Volkskool in diens geneem as die direkteur van rugby en Janine gaan remediërin­g aanbied by Laer Volkskool. Hulle is onlangs ook aangestel as die nuwe trotse huisouers van Hoër Volkskool se Huis Cronjé en hoop die egpaar om ‘n verskil te maak in die lewe van elke koshuiskin­d.

 ??  ?? Die trotse nuwe huisouers van Huis Cronjé, Jaco en Janine van Schalkwyk met hul dogtertjie Zenicke en hul seun, JJ.
Die trotse nuwe huisouers van Huis Cronjé, Jaco en Janine van Schalkwyk met hul dogtertjie Zenicke en hul seun, JJ.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa