Graaff-Reinet Advertiser

Cradock-talent gesels oor lewe in die Laan

-

As kind was Cradock-inwoner Sesethu Ntombela (23) waarskynli­k óf in die dramaklas óf op die verhoog.

"Ek dink 'n mens ns is ma' gebore met sulke ulke passie," vertel sy nou, as sepie-akteur, vir r die Advertiser.

Inwoners van haar aar tuisdorp was in ekstase kstase toe hulle laasweek 7de e Laan aanskakel, en Ntombela ombela as die Laan se nuwe we diva en mode-kenner Khethiwe sien.

"Ek was verbaas s oor hoe vinnig die nuus versprei rsprei het, maar ek waardeer rdeer die ondersteun­ing opreg," reg," deel Ntombela.

"Cradock en sy mense beteken baie vir my. Van juffrou Elmar Heese en die tannies van Huis Joubert in die Voorbereid­ing skool, tot al die onderwyser­s en die tannies van Huis Rocklands in die Hoërskool. Ek is regtig bitter lief vir almal wat gehelp het om my te maak wie ek vandag is."

Ntombela sê dat sy die karakter van Khethiwe geniet, maar dat dit soms moeilik is om te vertolk.

"Ons persoonlik­hede verskil baie, so sy trek my so bietjie uit my gemaksone uit. Maar dit is snaaks om te sien hoe die ander karakters reageer wanneer sy eers haar mond verby praat."

Sy was in Graad 10 aan Hoërskool Cradock toe dramaafrig­ter Melina Smit die belowende talent onder haar vlerk geneem het. "Ek het dit vreeslik geniet, en met haar gepraat oor die moontlikhe­id om eendag drama te gaan studeer." Nog voordat Ntombela die kampus van die Universite­it van Pretoria betree het, het sy in Graad 12 ' n nasionale toneel kompetisie gewen en die klein rol van Mbali in Binnelande­rs losgeslaan.

Sy het ook ' n rol in haar eerste profession­ele teaterstuk gekry. "Dit was die bevestigin­g wat ek nodig gehad het." Haar eerste keer in die Laan was tydens haar derde jaar op universite­it in 2017, toe sy gekies is vir ' n mense-handel storielyn. "Ek het myself belowe ek gaan eendag terug, maak nie saak wat nie." Die vasberade akteur het nie lank gewag nie. Aan die einde van 2018 het sy gesien 7de Laan soek drie akteurs om rolle te vertolk.

Ek was verbaas oor hoe vinnig die nuus versprei het, maar ek waardeer die ondersteun­ing opreg.

Sy het aansoek gedoen, 'n oudisie gekry, en eindelik die rol van Khethiwe losgeslaan. "Ek het in trane uitgebars van blydskap, ek was in skok."

Haar hoop vir die toekoms is om 'n sterk loopbaan as akteur te bou. "Ek sal ook graag radio-werk, Tv-aanbieding en dalk 'n bietjie musiek wil doen. Oor 10 jaar wil ek ook opleiding in regie doen."

Ntombela het groot drome, en moedig jong mense van die Karoo aan om ook hul drome na te jaag. "Gaan studeer," is haar raad aan aspirante akteurs. Sy meen dat talent alleen nie genoeg is nie, en dat opleiding en tegniese agtergrond waardevol is.

"Dit is 'n moeilike bedryf want daar is altyd iemand reg om jou rol oor te neem, maar dit is die moeite werd.

“Bly nederig en respekteer almal om jou, want die bedryf is baie klein. Almal ken almal, veral agter die skerms."

Wanneer Ntombela nie doenig as akteur is nie skryf sy graag gedigte of kortverhal­e. Sy brei ook, besoek graag teaters en museums, sing, en is 'n groot krieket-aanhanger.

 ??  ?? Sesethu Ntombela, of te wel mode-kenner Khethiwe, tydens haar eerste verskyning in 7de Laan.
Sesethu Ntombela, of te wel mode-kenner Khethiwe, tydens haar eerste verskyning in 7de Laan.
 ??  ?? Sesethu Ntombela (23) op die stel van 7de Laan, waar sy deesdae ‘n nuwe karakter vertolk.
Sesethu Ntombela (23) op die stel van 7de Laan, waar sy deesdae ‘n nuwe karakter vertolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa