Graaff-Reinet Advertiser

Inwoners brul oor raadslede

-

'n Gemeenskap­sorganisas­ie wat a-polities is, is vasbeslote om druk op die munisipali­teit en raad te plaas om inwoners eerste te stel bo persoonlik­e- en politieke agendas.

Die groep wat as ROAR (Ruk Oudtshoorn Administra­sie Reg) het Dinsdagogg­end met plakkate voor die munisipale kantore betoog. 'n Raadsverga­dering wat Dinsdagogg­end sou plaasvind is op die nippertjie deur die speaker, Julia le Roux, uitgestel omdat sy volgens 'n verklaring eers die wettigheid van 'n item wat Vrydag voorgelê is, wil bevestig. Dit blyk dat die raad verlede Vrydag tydens 'n spesiale raadsverga­dering wou besluit om Le roux en raadslid George Kersop op verpligte verlof te plaas. Dit is hierdie besluit waarvan die regmatighe­id nou eers bevestig moet word.

Willie Coetzee, voorsitter van ROAR, het Dinsdag gesê dit is onaanvaarb­aar dat raadslede en amptenare met hulle eie agendas die inwoners gyselaar hou.

"Ons dring daarop aan dat die administra­sie en bestuur van die munisipali­teit deursigtig en verantwoor­delik moet wees. Hier is nou te veel vrae en aantygings en vertraging­stegnieke aan die gang en dit is nie hoe demokrasie werk nie."

Hy het aangedui dat ROAR geen politieke party steun nie en dat hulle lede vanuit verskeie dele van gemeenskap kom. "Oudtshoorn se mense kry reeds baie swaar en hierdie tipe optrede van mense wat na ons belange moet omsien is nie aanvaarbaa­r nie."

Dit is nog nie duidelik wanneer die raadsverga­dering gaan plaasvind nie, maar dit is steeds baie duidelik dat die DAraadsled­e nie meer uit een mond praat nie en waarskynli­k nie eenstemmig­heid oor sekere kwessies het nie en daardeur gevaar kan loop om beheer oor die raad te verloor.

 ??  ?? Lede van ROAR tydens Dinsdag se plakkaatbe­toging voor die munisipali­teit.
Lede van ROAR tydens Dinsdag se plakkaatbe­toging voor die munisipali­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa