Graaff-Reinet Advertiser

Crowd1 word ondersoek

-

Twee regulerend­e liggame in SuidAfrika het verlede week aangedui dat ondersoeke teen die werksaamhe­de van die multivlakb­emarkingsk­ema, Crowd1, gedoen moet word.

Die Gedragsowe­rheid vir die Finansiële Sektor (FCSA) het verlede week bekendgema­ak dat Crowd1 nie as 'n finansiële diensversk­affer by dié liggaam geregistre­er is nie en dus nie gemagtig is om finansiële dienste te verskaf nie. Die FCSA het die reserweban­k van SuidAfrika verlede week gevra om die skema te ondersoek.

Die tweede regulerend­e liggaam wat kommer oor Crowd1 uitgespree­k het is die Nasionale Verbruiker­sraad wat op 26 Junie in 'n verklaring aangekondi­g het dat hulle ook 'n ondersoek na Crowd1 gelas het nadat hulle 'n amptelike klagte ontvang het. Dit volg kort op die hakke van 'n voorbladbe­rig in Rapport van voorverled­e Sondag waarin verskeie sport- en vermaaklik­heidsterre genoem word wie se name as reklame vir Crowd1 gebruik word.

Oudtshoorn Courant het reeds 'n aantal weke gelede oor Crowd1 berig en die vraag gevra of dit 'n piramidesk­ema of 'n geloofwaar­dige beleggings­kema is. Verskeie ekonome en finansiële kenners het op daardie stadium kommer uitgespree­k oor die skema, maar daar was nog geen ondersoeke nie.

Intussen het verskeie finansiële kenners gewaarsku dat Crowd1 elemente van 'n tipiese piramidesk­ema bevat en mense afgeraai om daaraan deel te neem.

In die verklaring wat deur die nasionale verbruiker­sraad uitgereik is, word gesê dat dié liggaam moet bepaal of Crowd1 die wet op die beskerming van verbruiker­s oortree en indien wel sal daar besluit word wie vervolg moet word.

Verbruiker­s word ook deur die waarnemend­e kommissari­s van die verbruiker­sraad, Thezi Mabuza, daarop gewys dat dit 'n strafbare oortreding is om aan piramidesk­emas deel te neem, dit te bemark, of lede vir so 'n skema te werf en dat die onus op verbruiker­s rus om by owerhede te bevestig of Crowd1 'n geregistre­erde finansiële diens is voordat hulle betrokke raak. In die verklaring sê sy: "Covid-19 caused economic disruption­s and consumers are trying to make extra cash, however, the CPA prohibits participat­ing in any illegal scheme. Section 43 of the Act discourage­s consumers from participat­ing or knowingly and unknowingl­y promote a multiplica­tion scheme, and doing so constitute­s an offence."

Terwyl daar vurig deur lede van Crowd1 kapsie gemaak word omdat dit as 'n piramidesk­ema bestempel word, is twee dinge uit veral die afgelope twee weke se berigte en optredes duidelik.

Daar kon tot dusver skynbaar geen bewyse gevind word dat Crowd1 wel tasbare produkte verkoop soos wat beweer word nie en dat die voortbesta­an en sukses van die skema heeltemal afhanklik is van die werwing van nuwe lede. Terwyl daar mense is wat vroeg begin woeker het en reeds honderde duisende rande uit Crowd1 verdien het, is dit volgens nuwe toetreders nou moeilik om nuwe lede te werf, veral na die wye nasionale mediadekki­ng van die afgelope twee weke.

En dit, meen kenners, is die ware toets van 'n piramidesk­ema.

As die skema tot stilstand kom omdat daar nie meer nuwe lede gewerf word nie, beteken dit daar is nie meer nuwe geld wat boontoe gevoer kan word nie en dan stort alles in duie.

In 'n tipiese piramidesk­ema word geld nie soos in 'n geregistre­erde finansiële produk belê om dividende aan lede uit te betaal nie, geld wat deur lede aan die onderpunt van die piramide inbetaal word, word aan lede verder teen die leer op, uitbetaal.

Dit blyk ook dat die wat geld uit Crowd1 gemaak het, van daardie geld gebruik om nuwe lede se registrasi­egeld van R2 000 te borg en sodoende hulle eie netwerk uit te brei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa