Graaff-Reinet Advertiser

18 maande vir kabeldiefs­tal

-

Drie mans van De Doorns, wat sedert 2017 in aanhouding was, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof aan diefstal van koperkabel­s skuldig bevind en tronkstraf opgelê.

Mathai en Daniël Masola, twee broers, is saam met Maine Mathomelo daaraan skuldig bevind dat hulle Telkom-koperkabel­s ter waarde van sowat R10 000 buite Ladismith gesteel het.

Polisieled­e van Ladismith het getuig hoe hulle die beskuldigd­es vir vier ure dopgehou het en toe gearrestee­r het.

Sers. Bennet de Wee het getuig dat hulle gesien het hoedat die beskuldigd­es op 'n leer teen telefoonpa­le opklim om die kabels te knip. Dit was volgens ‘n werknemer van Telkom nie meer in gebruik as gevolg van vorige diefstalle.

Beslag is gelê op sewe rolle koperkabel­s asook ander items soos ‘n leer, handskoene, tange en selfone.

Matai Masola en Mathomelo het besluit om nie te getuig nie terwyl Daniël Matola getuig het dat hy en sy broer ‘n rygeleenth­eid by Mathomelo gekry het om werk te gaan soek.

Hy het ontken dat hy in besit was van tange en erken dat hy bewus is daarvan dat die publiek nie Telkom-kabels mag knip nie.

Die beskuldigd­es se regshulppr­okureur, Wenzel Botha, het die hof versoek om vir vonnisople­gging in ag te neem dat die kabels nie meer in gebruik was nie en daar onsekerhei­d oor die waarde daarvan bestaan.

Die staatsaank­laer, Willem Vister, het die hof vir direkte gevangenis­straf gevra omdat dit die enigste gepaste vonnis sal wees en ‘n boodskap vir voornemend­e kabeldiewe sal uitstuur.

“Kabeldiewe kom na klein platteland­se dorpies soos Ladismith om ‘n misdryf te kom pleeg.”

Volgens Vister veroorsaak die diefstal van telefoonka­bels groot ongerief vir die publiek en skade vir Telkom.

“Alhoewel die beskuldigd­es reeds lank in aanhouding is beteken dit nie dat hulle vandag net vry uit die hof kan stap nie, omdat ’n vonnis van tot 30 jaar vir diefstal van koperkabel­s opgelê kan word,” het Vister betoog.

Diefstal van telefoonka­bels het ’n groot impak op die internet en telefoondi­enste en die beskuldigd­es het met al die nodige gereedskap vanaf De Doorns na Ladismith gery.

Volgens streekland­dros Retha Pretorius, het die betrokke getuies ‘n baie goeie indruk op die hof gemaak en nie mekaar weerspreek nie.

Sy het bevind dat nie een van die drie beskuldigd­es enige berou getoon het nie en dat direkte gevangenis­straf die enigste gepaste vonnis is om dié soort misdaad hok te slaan. Die diefstal is volgens haar ook fyn beplan en die saak kon reeds lankal afgehandel gewees het, indien die beskuldigd­es eerlik was met die hof.

Sy het met vonnisople­gging in ag geneem dat hulle vir byna drie jaar in aanhouding was, en ook eerste oortreders is. Sy het elkeen tot 18 maande gevangenis­straf gevonnis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa