Graaff-Reinet Advertiser

Eerste skole Covid-19 geval in Oudtshoorn

-

Bekommerde ouers van leerders op Oudtshoorn se vrese is bewaarheid toe dit vandeeswee­k aan die lig gekom het dat 'n leerder van Fezekile Sekondêr die Covid-19-virus onder lede het.

Met die heropening van skole vir gr. 12- en gr. 7-leerders is baie ouers in twee geskeur oor die keuse om hulle kinders skool toe te stuur of nie.

Thembeka Mnguni, hoof van Fezekile Sekondêr, het tydens 'n onderhoud aan die verlede Vrydag in kennis gestel waarna daar Sondag omsendbrie­we aan al die ouers gestuur het.

“Die omsendbrie­f bepaal dat dit nie nodig is om die skool te sluit nie. Alle persone en leerders wat in kontak was met die besmette leerder sal getoets word en die klaskamer waar die leerder onderrig ontvang het, is ook afgesper. Die skool is weer ten volle ontsmet soos voorgeskry­f deur ons Covid-19beleid."

Mnguni het ook opgemerk dat dié geïsoleerd­e voorval binne konteks gesien moet word en daarop gewys dat die virus die potensiaal het om alle inwoners en leerders aan te steek.

"Enige leerder kan buite die beskermde omgewing van hul onderskeie skole in kontak met die koronaviru­s kom en dit dan onwetend skool toe bring. Juis daarom is dit uit 'n skole-oogpunt belangrik dat skole voortgaan om hul veiligheid­smaatreëls streng toe te pas. Enige leerder, wie se temperatuu­r net effens te hoog is, moet dadelik huis toe gestuur word sodat die kliniek of hospitaal 'n diagnose kan maak," het sy gesê.

 ??  ?? Fezekile Sekondêr.
Fezekile Sekondêr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa