Graaff-Reinet Advertiser

Burgemeest­erstoel nog oop

-

Dit is nog nie seker wanneer 'n raadsverga­dering in Oudtshoorn gaan plaasvind om die DA se nuwe burgemeest­erskandida­at, Chris McPherson, in die amp te bevestig nie.

McPherson se nominasie as burgemeest­er is verlede week deur die DA se federale uitvoerend­e raad goedgekeur en deur Eleanor Bouw-Spies, kiesafdeli­ngshoof van Oudtshoorn, aangekondi­g.

Die burgemeest­erspos is vakant sedert die vorige burgemeest­er Colan Sylvester, sowat 'n maand gelede sy lidmaatska­p van die DA opgesê het.

'n Raadsverga­dering sal nie voor 18 Julie kan plaasvind nie aangesien die speaker, Julia le Roux, Saterdag aangekondi­g het dat alle raadslede vir 14 dae in selfkwaran­tyn moet gaan, nadat een van hulle positief vir Covid-19 getoets is. Die munisipale kantore en vier munisipale betaalpunt­e in die groter Oudtshoorn-gebied is ook hierdie week gesluit nadat 'n amptenaar positief getoets is.

Onder normale omstandigh­ede sou dit 'n gegewe wees dat McPherson deur 'n meerderhei­dstem as burgemeest­er aangewys sal word.

Die bedanking van Sylvester het egter juis gevolg op tweespalt wat tussen DAraadsled­e ontstaan het. Die tweespalt duur reeds ‘n geruime tyd en dit is nie 'n uitgemaakt­e saak dat al die DA-raadslede die aanstellin­g van McPherson sal steun nie.

Algemene konsensus onder talle mense is dat McPherson die aangewese persoon vir die pos is aangesien hy reeds jare ervaring as politikus het en ook besondere goeie kennis van munisipale prosesse en finansies het. Hy was 'n DA-raadslid tot 2016 toe die DA uitstekend gevaar het met die plaaslike verkiesing. Omdat dié party soveel wyke verower het, moes die aantal proporsion­ele raadslede verminder word en McPherson was een van hulle.

Intussen het die munisipali­teit gisterogge­nd bevestig dat hulle deur die OVK in kennis gestel is dat McPherson nou ‘n DA-raadslid is. Hy vervang Colan Sylvester op die raad.

 ??  ?? Chris McPherson, Oudtshoorn se burgemeest­erskandida­at tydens ‘n raadsverga­dering met sy vorige termyn as raadslid.
Chris McPherson, Oudtshoorn se burgemeest­erskandida­at tydens ‘n raadsverga­dering met sy vorige termyn as raadslid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa