Graaff-Reinet Advertiser

Laerskool-ouers besorg oor skoolrisik­o

-

Ouers van leerders by Laerskool Towerkop op Ladismith het Maandagogg­end reeds vanaf 07:00 voor die skool bymekaarge­kom uit ontevreden­heid oor die heropening van skole.

Rodge Albertus, voorsitter van die beheerligg­aam, het gesê ouers is bekommerd oor die gesondheid­srisiko as meer en meer kinders teruggaan skool toe.

"Ouers behoort nie aan mediese fondse om die beste gesondheid­sorg vir hul kinders te verseker nie. Hulle bly in die plakkerska­mpe waar weinig toegang tot skoon lopende water is. Ouers kan nie reinigings­middels bekostig nie en dit maak hul kinders meer kwesbaar vir siektes," het hy gesê.

Ricardo Herandien, voorsitter van die beheerligg­aam van Ladismith Sekondêr, was ook by die plakkaatbe­toging, en het gesê dat die hoërskool reeds geraak is deur Covid-19,nadat 'n leerder positief getoets is en drie opvoeders vir hulle uitslae wag.

Volgens die ouers sal hulle elke dag by die skole betoog om die onderwysde­partement tot ander insigte te bring.

Jeffrey Donson, leier van Icosa en voormalige burgemeest­er van Kannaland, was ook by die betoging.

"Dit is so duidelik soos daglig dat die ANC-regering nie 'n plan het hoe om hierdie pandemie te bestuur nie. Opvoeders is vakspesial­iste en wanneer hulle sou siek word, word hulle nie noodwendig met 'n ander spesialis vervang nie, maar net met enige plaasverva­nger wat dan meer skade as goed aan die leerder bring," het Donson gesê.

Maandagogg­end was daar slegs ongeveer 70 van die laerskool se ongeveer 200 leerders wat in gr. R, 6 en 7 ingeskryf is.

 ??  ?? Jeffrey Donson, links, by vier van die ontevrede ouers.
Jeffrey Donson, links, by vier van die ontevrede ouers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa