Graaff-Reinet Advertiser

Inperking-blues, dankie tog vir diere

-

Waarom, ten spyte van die verskeie lêplekke wat ten duurste aangeskaf word, verkies huiskatte om in bokse te slaap?

Ek het onlangs getrek en Lewis het nou baie bokse om van te kies. Kyk, hy’s ’n statige kat. Lewis het dalk ’n moeilike begin in die lewe gehad, gered deur die DBV, maar nou het hy ’n aanvoeling vir die fyner dinge in die lewe.

Hy eet net die beste kos en tuisgemaak­te peuselhapp­ies. Die klein tuin is spesiaal vir hom ingerig, met baie klim-plek, krap-plek en uitgeplant­e kattekruid. Hy is my enigste inperking geselskap, en verdien ’n lewe van luuksheid.

Lewis was amper ’n Lexi. Die naam was op een van die hokke by die DBV en dié het aanvanklik gesê day hy ’n sy is. Hordes pienk speelgoed later is toe vasgestel dat sy eintlik ’n hy is, en Lexi word toe Lewis: Lulu as hy soet is en Lewis Carel Smit wanneer hy kattekwaad aanvang (ek het regtig grootmens geselskap nodig).

Deesdae vang die inperking my. Ek het nou al geleer om nie angstig te raak oor als nie: dis okei dat die skottelgoe­d nie gewas nie, die bedval gestryk is, maar nog nie opgesit is nie, en die syfers op die skaal klim. Ander dinge lei tot effe meer angs: die WVD-fonds betaal nie uit nie, debietorde­rs gaan af en vir deeltydse swot maak ek nie tyd nie.

Sondae is veral sleg. Ek mis etes om die tafel met my gesin, al is daar soms te veel (vriendelik­e) argumente oor politiek en die toekoms van Afrikaans. Ek mis my geliefdes; wie’t gedink die vinnige “sien julle later” op OR Tambo in Januarie sou die laaste in ’n lang tyd wees? Ek mis normalitei­t.

Wanneer die Sunday blues inskop gaan slaap ek sommer vroeg. Vir hartseer-voel het ek nie lus of tyd nie. Tydens ’n onlangse eksistensi­ële krisis wou die slaap nie kom nie. Toe lê ek maar in angs en tel skape, nie dat dit ooit werk nie. Lewis was, soos gewoonlik, snoesig in sy boks: eenmaal ’n gutter-kat, altyd ’n gutterkat.

Na so ‘n halfuur spring Lewis egter uit sy boks, klim tot bo op my en sit sy poot op my gesig. Miskien het my gerondrol hom net gepla, of het katte ’n aanvoeling vir emosies? Ek weet nie, maar in daardie oomblik is ek dankbaar dat die fênsie kat, wat my uit die huis uit eet en heeltyd die bonsai omstamp, my gekies het. Hy sien nie foute en probleme raak nie, hy sien net ’n warm huis waar hy liefde kan gee. Wanneer ek my vele seëninge tel - die dak oor my kop, my werk, ons gesondheid - is luukse Lewis beslis bo-aan die lys. Ons verdien diere beslis nie; gelukkig hoef hulle nie dit te weet nie.

 ??  ?? Redakteurs­brief deur Paula-Ann Smit
Redakteurs­brief deur Paula-Ann Smit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa