Graaff-Reinet Advertiser

Pastoor getuig, saak uitgestel

-

Die vonnisople­gging van 'n jong man van Ladismith, wat aan moord op sy vriendin skuldig bevind is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof na sy pa se getuienis tot einde vandeesmaa­nd uitgestel.

Monray le Kay (22) het Sheree Schoeman (24) die aand van 20 April 2018 met 'n stomp voorwerp teen die kop geslaan waarna sy gesterf het.

"Ek is ‘n pastoor en ‘n man van God. En ek is hier om die waarheid te praat," het Le Kay se pa, Moos le Kay, getuig.

Hy het getuig dat sy seun 'n liefdevoll­e, eerlike en opregte kind is wat met niemand sou baklei nie.

Volgens Le Kay is daar ook geen kwade gevoelens tussen die twee families nie en praat hy nog elke dag met die oorledene se familie.

"Daar was ‘n baie liefdevoll­e verhouding tussen my seun en die oorledene en sy het hom gereeld by die bushalte gaan haal wanneer hy van die werk gekom het."

Volgens Le Kay (sr) is sy seun iemand wat nie gou kwaad word nie en ook nie 'n geweldenaa­r nie.

Op nog ‘n vraag van die staatsaank­laer watter straf hy sou verwag indien dit sy dogter was wat vermoor is het Le Kay geantwoord: "‘n Verskoning en opgeskorte vonnis."

Die saak dien voor streekland­dros Sylvia Mandla, en is vir vonnisverr­igtinge tot 30 Julie uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa