Graaff-Reinet Advertiser

Jagters met honde weer vasgetrek

- TERESA OPPERMAN

Op Sondagogge­nd, 24 Mei, midde grendeltyd, het die boeregemee­nksap in Hofmeyr-distrik, tesame met die Sekuteitsh­oofkantoor en die Groen Skerpioene 'n aantal jaghonde op die plaas Casperskop, saam met hul eienaars vasgetrek.

Van bogemelde groep is ook tydens Mei 2019 in hegtenis geneem vir die onwettige jag met honde en die betreding van privaat plaaseiend­om. Daar is beslag gelê op hul voertuie en honde en die jagters is in hegtenis geneem.

Die Dierebeske­rmingsvere­niging in Queenstown het na die honde omgesien, tot tyd en wyl die hofsaak afgehandel is Daarna is die honde na Kaapstad uitgeplaas waar hulle gerehabili­teer sal word, en in privaat sorg uitgeplaas sal word. Die jagters wat betrokke was, is nou uit op borgtog.

Die afgelope Sondagogge­nd, 23 Augustus, het 'n groep van hierdie jagters, weer met honde, hul opwagting tussen Queenstown en Tarkastad op die roete na Wildskutsb­erg, by die Eenmanskra­le gemaak.

Kolonel Ngalo en sy span vanaf Queenstown was vinnig op die toneel, en het saam met die boere in die omgewing, asook Ruaan Botha van die Groen Skerpioene, gewerk. Altesaam vyf jagters en 13 jaghonde is van die toneel verwyder. Die jagters is in hegtenis geneem, en die jaghonde is in die sorg van Greg Harvey geplaas, wat na hul sal omsien, totdat daar 'n ander heenkome vir hulle gevind word. Op hierdie stadium is die Dierebeske­rmingsvere­niging nie in staat om nog honde in te neem wat gevoer moet word nie.

 ??  ?? Van die 13 jaghonde wat van die toneel verwyder is.
Van die 13 jaghonde wat van die toneel verwyder is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa