Graaff-Reinet Advertiser

Vermeende moordenaar storm uit hofsaal

- GARNETT WICOMB

Twee hofordonna­nse in die Oudtshoorn­streekhof moes Vrydag skarrel om ’n vrou, wat van moord aangekla word en om borgtog aansoek gedoen het, te vang toe sy uit die beskuldigd­ebank gestorm het. Dit het gebeur voor die landdros uitspraak in haar aansoek kon lewer.

Sy het op almal geskel en gevloek en die twee polisiebea­mptes het hul hande vol gehad om haar in die hofselle te kry.

Natasha Mgengo (28) het vroeër reeds gesê dat die hof moet klaarmaak. "Maak net klaar met my," het sy gesê.

Sy het tydens die getuienis van sers. Henry Smith telkens uit die beskuldigd­e bank die verrigting­e onderbreek deur saam te praat en hardop gehuil. Sy het skielik opgespring toe die staatsaank­laer, Nadia Arnolds, die hof vra om borgtog te weier omdat sy nie 'n vaste adres kon verskaf nie en moontlik nie haar verhoor sal bywoon nie.

Mgengo het erken dat sy vir Sheila Karelse, met ‘n mes gesteek het.

"Ek het haar niks gedoen nie en sy sou my gesteek het as ek nie die Okapi by haar gevat het nie. Ek het haar met haar eie mes gesteek, maar sy het nog geleef."

Volgens Mgengo het hulle die aand saam by verskeie taverns in Kwa Mandlinkos­i op Beaufort-Wes gedrink.

Smith het borgtog teengestaa­n omdat Mgengo baie aggressief is en vir haar eie lewe gevrees word.

Sy het op almal geskel en gevloek en die twee polisiebea­mptes het hul hande vol gehad.

Streekland­dros Daniel Boks het uitspraak in die beskuldigd­e se afwesighei­d gelewer en gesê dit is in belang van geregtighe­id en haar eie veiligheid dat sy in aanhouding bly. Vrese bestaan dat sy nie haar verhoor sal bywoon nie en daar is glo dreigement­e van die oorledene se familie dat sy seergemaak kan word.

"Die hof kan nie toelaat dat die beskuldigd­e se lewe in gevaar gestel word nie."

Die saak is vir verhoor tot 7 September uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa