Graaff-Reinet Advertiser

Klag van dronkbestu­ur word ondersoek

- HANNES VISSER

Vier voertuie het die afgelope aantal dae op paaie in die omgewing omgeslaan en in ten minste een ongeluk word 'n klag van dronkbestu­ur ondersoek. Die dronkbestu­urklag volg nadat 'n 'n Toyota Hilux verlede Woensdagmi­ddag in Parkweg omgeslaan en 'n woning se elektronie­se hek beskadig het. Daar was ses kinders saam met die bestuurder in die bakkie tydens die ongeluk. Die bakkie was met Rademeyers­traat in die rigting van Parkweg onderweg toe die bestuurder beheer oor die bakkie verloor het by die draai waar Parkweg en Rademeyers­traat bymekaar aansluit. Die bakkie het oor die pad geswaai en toe omgeslaan en 'n palissadeh­ek voor 'n woning getref. Die bakkie het op sy sykant in die erf tot stilstand gekom.

Paramedici het die kinders op die toneel behandel, maar dit blyk dat daar nie ernstige beserings was nie. Die bestuurder van die voertuig met 'n Noord-Kaapse registrasi­enommer is op die toneel deur polisie in 'n polisievoe­rtuig gelaai waar hy in 'n onderonsie met polisiebea­mptes gewikkel geraak het. Volgens die argument het hy geweier om gehoor te gee aan 'n opdrag om sy selfoon aan die polisie te oorhandig en dit is na die struweling by hom afgeneem.

Sersant Gretchen Michaels, kommunikas­iebeampte van die Oudtshoorn­polisie het bevestig dat 'n klag van dronkbestu­ur ondersoek word.

Die ongeluk het op dieselfde draai plaasgevin­d waar 'n geel Ford Mustang ongeveer twee weke gelede 'n paal en 'n betonheini­ng getref het.

Woensdagog­gend het 'n ligte vragmotor op die Volmoedpad ook omgeslaan nadat dit op die skouer van die pad beland het. Die vragmotor behoort aan 'n maatskappy wat tydelike toilette oprig en onderhou. Die bestuurder en 'n werker was na Volmoed onderweg om toilette te diens. Volgens die bestuurder het hy na links padgegee om 'n ander voertuig toe te laat om hom verby te steek. Hy het hom egter misgis en te ver na links gegaan waarna die voertuig op die skuinste langs die pad beland het. Met die terugswenk na die teeropperv­lak, het die voertuig omgeslaan. Niemand is ernstig beseer nie.

In 'n derde voorval verlede week het 'n rooi Tata Vrydagaand omstreeks 21:00 sowat 6 km buite Oudtshoorn op die Georgepad gerol. Die bestuurder was alleen in die motor en is met ligte beserings per ambulans hospitaal toe geneem. In die jongste ongeluk het die bestuurder van 'n VW Golf ongedeerd van 'n toneel weggestap nadat sy motor Dinsdagogg­end omstreeks 08:00 in die omgewing van Klaarstroo­m gerol het. Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het, maar nooddiensw­erkers op die toneel het gesê daar was Dinsdagogg­end 'n sterk wind in die area. Die Golf het die pad op 'n reguit gedeelte bystergera­ak.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die ligte vragmotor wat verlede Woensdagog­gend op die Volmoedpad omgeslaan het.
Sien ’n video en foto’s by www.oudtshoorn­courant.com
Foto’s: Hannes Visser Die ligte vragmotor wat verlede Woensdagog­gend op die Volmoedpad omgeslaan het. Sien ’n video en foto’s by www.oudtshoorn­courant.com
 ?? Foto: Verskaf ?? Die VW Golf wat Dinsdag gerol het.
Foto: Verskaf Die VW Golf wat Dinsdag gerol het.
 ??  ?? Die Toyota-bakkie wat met ses jong passasiers in Parkweg omgeslaan het.
Die Toyota-bakkie wat met ses jong passasiers in Parkweg omgeslaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa