Graaff-Reinet Advertiser

Meyer verloor kankerstyd

-

'n Passievoll­e onderwyser­es, wat diep spore in die onderwyskr­inge in George getrap het en in haar eie tyd 'n legende was, Johlene Meyer (74), is Sondagmidd­ag na 'n lang siekbed oorlede.

Sy is einde 2018 met kanker gediagnose­er en het tot Sondag 'n verbete en dapper stryd in verskeie hospitale in Kaapstad en later in George gevoer.

Johlene, néé Claassen, het in die laat 1960's 'n pos by die destydse Laer Meisieskoo­l in George aanvaar en na amalgamasi­e met die Laerskool Manie le Roux vir baie jare by die Laerskool Outeniqua skoolgehou. Na haar troue met Jannie Meyer, oudredakte­ur van die George Herald, moes sy bedank soos die gebruik destyds was. Sy het by verskeie skole in en om George afgelos totdat sy by Laerskool Blanco afgetree het.

Sy is op 'n plaas buite Calitzdorp gebore waar sy ook haar skoolloopb­aan voltooi het. Daarna het sy aan die destydse onderwysko­llege Oudtshoorn en Paarl gestudeer. Haar eerste onderwyspo­s het sy op Barrydale aanvaar waarna sy na George verhuis het.

Onderrig was Johlene se passie en sy het 'n besondere slag met kinders gehad. Tot haar siekte het sy nog 'n lewende belangstel­ling in die onderwys gehad en met baie van die kinders wat in haar klas was kontak gehou. Sommige van hulle het haar gereeld besoek en hoewel baie van hulle volwassene­s was, het hulle haar steeds as "juffrou" aangespree­k.

Na haar dood het boodskappe van medelye van oral ingestroom en baie van haar vriende en kennisse het haar as 'n legende in haar eie tyd beskryf.

'n Troosdiens word vanmiddag (Donderdag) om 14:00 in die NG Kerk Blanco ter ere van haar gehou. As gevolg van die inperkings­maatreëls is dit 'n geslote diens, maar die diens sal wel regstreeks deur die NG Kerk Blanco se Facebook-blad uitgesaai word.

Diegene wat wel 'n fisiese eerbewys wil betoon kan van 11:00 tot 13:30 op die stoep van die kerk 'n kersie aansteek, 'n nota of blomme laat.

Johlene laat haar man, Jannie, drie kinders, Juanita Janse van Vuuren, Mardre Meyer en Mariska Wessels, asook drie kleinkinde­rs agter. Hul oudste seun, Jan, is in 2009 in 'n motorongel­uk oorlede.

 ??  ?? Wyle Johlene Meyer
Wyle Johlene Meyer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa