Graaff-Reinet Advertiser

Oppiestoep Die aard van ‘n skerpioen

-

Almal ken seker al die storie van die padda en die ondankbare skerpioen, maar ek verveel julle gou weer daarmee.

Skerpioen staan mismoedig langs 'n rivier. Hy moet aan die oorkant kom vir sy afspraak met Wyfieskerp­ioen, maar hy het nie veel vertroue in sy eie swemvaardi­ghede nie. Hy merk vir Padda op wat net gereed is om in die water te plons en vra groot asseblief of Padda hom nie deur die water wil abba nie.

"Jy's seker lekker laf, halfpad soontoe steek jy vir my en dan sien ek my gesin nooit weer nie," protesteer Padda. Maar, Skerpioen belowe hart en mond hy sal mos nooit so iets doen nie, dit sal in elk geval mos beteken dat hy homself ook in die rivier gaan laat beland. Ten spyte van sy twyfel, laai Padda vir Skerpioen op en swem deur die rivier. Byna by die oorkantse oewer is Padda op die punt om Skerpioen om verskoning te vra dat hy hom wantrou het, toe hy 'n skerp steekpyn in sy nek voel. Hy beur nog 'n paar hale oewer toe waar Skerpioen afspring en sê "Jammer Padda, ek kon myself nie keer nie, dit is my aard."

Nou wonder ek as mens so lees van oortreders wat oor en oor dieselfde ding doen, is dit maar bloot in hulle aard?

Ek staan verstom oor berigte van oortreders wat iewers vir 'n ernstige misdaad gevonnis word en dan lees mens dat die persoon al tientalle vorige veroordeli­ngs het.

Of jy hoor hierdie of daardie amptenaar is onder 'n wolk van ondersoeke by 'n munisipali­teit weg, net om by 'n volgende een op te duik en weer iets aan te vang. Is dit in skelms en bedrieërs se aard of raak dit net so lekker om ander mense se geld te vat dat hulle nie wil ophou nie? En dan is daar natuurlik die vreeslike verontwaar­diging as iemand hulle durf beskuldig, want niemand erken ooit skuld nie. As ek reg onthou was daar tussen die dosyne ongelukke waar ek al was, net een waarby 'n dronk bestuurder betrokke was, waar die bestuurder self vir die polisie gesê het, "Ek klim sommer self in, want ek weet ek is gedrink." In meeste van die ander gevalle is daar erge verontwaar­diging of

Is dit net die bedrieër se skuld of het ek ook skuld omdat ek bang is om ‘n gulde geleenthei­d te verspeel?

selfs aggressie.

Arme Padda moes sommer dadelik harteloos gewees het en Skerpioen net daar gelos het. Die vraag is, was dit Padda se eie skuld dat hy gevang is, want hy ken mos skerpioene, of is dit Skerpioen se skuld?

As ek deur 'n skelmstree­k ingeloop word, is dit net die bedrieër se skuld of het ek ook skuld omdat ek bang is om 'n gulde geleenthei­d te verspeel? Ek doen al vir jare stories oor 'n groep wat reeds by honderde en honderde mense geld gevat het vir dienste wat in alle waarskynli­kheid nie bestaan nie, maar maand na maand gee mense steeds vir hulle geld. Dis eintlik ook maar net nog 'n Padda en Skerpioens­torie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa