Graaff-Reinet Advertiser

Ouma Jane word 102

- Paula-Ann Smit

Vele opgewonden­heid het Vrydag 4 September in Asherville geheers, waar ouma Jane Louw van Iristraat haar 102de verjaarsda­g gevier het.

“Ons is so dankbaar dat die Here haar vir nog ’n jaar vir ons gespaar het,” het Jane se dogter, Maria Dallah, aan die Graaff-Reinet Advertiser gesê. Volgens Maria is haar ma in 1918 in die Aliwal-Noord-distrik gebore, en sy het deur die jare kombuiswer­k gedoen.

Jane het 10 kinders gehad, waarvan vyf nog lewe. Maria sê sy is nie seker wanneer haar ma na Graaff-Reinet verhuis het nie, maar dit is waar al haar kinders grootgewor­d het. Vandag het Jane 16 kleinkinde­rs.

Van hierdie kleinkinde­rs het op haar verjaarsda­g tyd saam met Jane spandeer, en veral die jonger klomp was opgewonde om deel van hierdie spesiale geleenthei­d te wees. “Ouma Jane is baie liefdevol,” het kleinkind Sharon Louw gesê.

Volgens Maria is Jane baie lief vir sing en kinders, wat sy uitleef deur haar betrokkenh­eid by die NG Kerk. “Sy is ook baie lief vir baba’s en is altyd besig met hulle,” het Sharon bygevoeg.

Jane was dus baie gelukkig om deur haar kinders en kleinkinde­rs omring te word op haar 102de verjaarsda­g. Natuurlik was daar later ook lekker nagereg, want wat is ’n verjaarsda­g nou sonder koek?

 ?? Smit Foto: Paula-Ann ?? Ouma Jane Louw poseer vir die kamera op haar 102de verjaarsda­g.
Smit Foto: Paula-Ann Ouma Jane Louw poseer vir die kamera op haar 102de verjaarsda­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa