Graaff-Reinet Advertiser

Infanterie­skool kry 50 nuwe bome

- WYNDHAM EWERTS

Jaco Vorster, inisieerde­r van die Oudtshoorn Trees of Hope-projek en voorsitter van die Oudtshoorn­besigheids­kamer, het verlede Vrydagogge­nd in samewerkin­g met die Oudtshoorn Infanterie­skool, 50 doringbome as deel van Nasionale Boomplantd­ag geplant. Dertig van die bome is buite die weermag se basis in Parkweg geplant, terwyl die res op die Infanterie­skool se terrein geplant is.

Tydens sy toespraak het Vorster gesê dat daar beplan word om 'n bykomende 50 bome in die nabye toekoms te plant. Volgens hom het die idee om bome van hoop op Oudtshoorn te plant gestalte gekry toe 'n boom sowat 3 km buite Oudtshoorn deur die munisipali­teit afgekap is omdat dit glo die sig van aankomende verkeer belemmer het. Die afkap van die boom het emosionele reaksie van die publiek ontketen omdat, behalwe vir die sentimente­le waarde wat die publiek aan die boom geheg het, dit ook as baken vir menige inwoners en toeriste was.

Vorster het die Oudtshoorn Infanterie­skool bedank vir hul ondernemin­g om toe te sien dat die bome gereeld natgelei sal word.

Die Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris MacPherson en speaker, Julia le Roux het ook die verrigting­e bygewoon.

 ??  ?? Kolonel Diamond Meschack Madie en Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris MacPherson.
Kolonel Diamond Meschack Madie en Oudtshoorn-burgemeest­er, Chris MacPherson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa