Graaff-Reinet Advertiser

Oudbevelvo­erder sterf

- LIEZL VAN NIEKERK

Die voormalige stasiebeve­lvoerder van die Oudtshoorn-polisiesta­sie, brigadier Lavona Januari, is Sondagmidd­ag oorlede.

Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, is sy op 12 Julie in Panorama MediClinic opgeneem na sy met Covid-19 gediagnose­er is. Sy was in die intensiewe­sorgeenhei­d van die hospitaal.

"Sy het nie meer positief getoets vir die virus nie en is dood na haar organe ingegee het."

Januari was sedert 2014 stasiebeve­lvoerder op Oudtshoorn en het Maart vanjaar, na 38 jaar diens in die polisie, afgetree. Na haar aftrede het sy weer na Kaapstad teruggetre­k.

Sersant Gretchen Micheals, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, maar ook 'n vriendin van Janauri het haar as 'n lieflike mens met 'n hart van goud beskryf.

"Sy was baie meer as net 'n leier, sy was 'n vriendin. My hart is stukkend oor haar. Sy gaan deur almal wat haar liefgehad het gemis word."

Januari se skoondogte­r, Melissa Abrahams-Januari, het op Facebook gesê haar skoonma het altyd die mooi in almal gesien en het almal onvoorwaar­delik liefgehad.

Sy word oorleef deur haar man, twee seuns, een skoondogte­r en drie kleinkinde­rs.

Haar begrafnis vind Donderdag in Durbanvill­e, Kaapstad plaas.

 ??  ?? Brigadier Lavona Januari
Brigadier Lavona Januari

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa