Graaff-Reinet Advertiser

De Rust-SAPD groet staatmaker­s

- Francina Smit Deon Wolmarans

Twee vrywillige­rs by die De Rust-polisiesta­sie is onlangs aan Covid-19 oorlede.

Volgens kapt. Gert Fourie, stasiebeve­lvoerder van De Rust-polisiesta­sie, het Francina Smit (60) en Deon Wolmarans (33) beide sedert 2001 as vrywillige­rs by die traumakame­r gewerk.

"Francina, of Meraai soos ons haar genoem het, was voorsitter van die vrywillige­rs. Haar hande het vir niks stil gestaan nie, niks was te veel gevra nie. Sy kon enige tyd van die nag gekontak word om hulp te verleen met kinders. Kinders was haar liefde. Sy het haar gemeenskap ten volle geken en hulle kon altyd op haar staatmaak. Sy was aktief betrokke by elke projek wat aangebied is en het altyd gesorg dat almal gevoed en versorg is."

Volgens hom was Wolmarans (Wollie) ook 'n reservis verbonde aan die De Rust-polisie.

"Hy was ook aktief betrokke by projekte by skole en het dit baie geniet om met mense te werk. Jong mense was sy passie. Hy was altyd bereid om sy kant te bring en sy gemeenskap te ondersteun en op te hef. Hy het altyd grappies gemaak, al was hy baie siek, was hy altyd daar vir De Rust-polisie. Ons wil hierdie twee sterre se families bedank vir hul ongenaakba­re vrymoedigh­eid en bereidwill­igheid deurdat hulle hierdie twee mense vir ons geleen het vir soveel jare. Ons weet verseker dat daar ‘n groot leemte in hul harte is, weet dat hierdie twee mense deel van De Rustpolisi­e was en weet dat die twee staatmaker­s baie gemis gaan word."

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa