Graaff-Reinet Advertiser

Nuwe toerusting vir rampbestuu­r

-

Oudtshoorn-rampbestuu­r het onlangs splinternu­we toerusting en 'n 4x4-bakkie gekry om dienslewer­ing in die streek te verbeter.

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, het Oudtshoorn-rampbestuu­r onlangs 'n toelaag van die Wes-Kaapse brand-, reddings- en rampbestuu­r ontvang wat die aankoop van die bakkie en die toerusting, wat brandslang­e, radio's, padkegels en 'n kettingsaa­g insluit, moontlik gemaak het.

Adel Supra-Vertue, bestuurder van Oudtshoorn-brandweer, sê die nuwe voertuig en toerusting sal hulle definitief help om beter dienste in die Groter Oudtshoorn­distrik te lewer.

Raadslid Johan Fourie, voorsitter van gemeenskap­sdienste het die bakkie by Marlu Rust, verteenwoo­rdiger van die Wes-Kaapse brand-, reddings- en rampbestuu­r ontvang en sy dank aan die provinsial­e regering uitgespree­k.

 ??  ?? Van links is Marlu Rust, raadslid Johan Fourie en Adel Supra-Vertue.
Van links is Marlu Rust, raadslid Johan Fourie en Adel Supra-Vertue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa