Graaff-Reinet Advertiser

Covid-19 eis Oudtshoorn-ikoon

- TISHA STEYN

Prof. Johan Olivier, oudraadsli­d van Oudtshoorn en oudkurator van Arbeidsgen­ot, tuiste van C J Langenhove­n, is Dinsdag 29 Junie in die ouderdom van 82 in Mediclinic Bloemfonte­in aan die virussiekt­e oorlede. Hy was ‘n hartlyer en diabeet.

Hy en Susan, sy vrou van nagenoeg 50 jaar, het in 2014 na sowat 31 jaar in Oudtshoorn, na Bloemfonte­in verhuis. Ten tyde van sy dood het hulle in die Serenitas-aftreeoord in die stad gewoon. Olivier het in 1962 begin skoolhou, in 1970 ‘n pos as dosent by die Oudtshoorn Onderwysko­llege aanvaar en in 1981 sy doktorsgra­ad behaal.

Hy het in 1986 professor aan die Universite­it van Suid-Afrika geword, in 1996 sy emiraat aanvaar en die volgende jaar na Oudtshoorn teruggekee­r, waar navorsing, gemeenskap­sdiens en politiek hom besig gehou het. Hy het in 2006 as lid van die DA die speaker van Oudtshoorn-stadsraad geword.

Volgens Dianne de Jager, voormalige burgemeest­er van Oudtshoorn, was Olivier ‘n toegewyde en deeglike persoon wat alles wat hy aangepak het, doelgerig gedoen het. “As raadslid het hy een van die beste wykskomite­es gehad - hy het sy wyk se belange op die hart gedra. Hy het geleef vir Afrikaans - die taal, die kultuur en die geskiedeni­s, ook van die Boere-oorlog. As hy gepraat het, kon jy maar luister,” sê sy.

Volgens haar het hy as voormalige voorsitter van die Arbeidsgen­ot-komitee en

CJ Langenhove­n-gedenkfond­s, die skrywer se werk “van A tot Z geken”.

Voor hy na Bloemfonte­in verhuis het, het hy ‘n waardevoll­e versamelin­g navorsings­materiaal, boeke en versamelin­gs aan die CP Nel-museum in Oudtshoorn geskenk. Oudtshoorn Courant het op 28 November 2014 oor dié waardevoll­e skenking berig.

In 2004 het hy die Sagmoedige Neelsieoor­konde ontvang vir diens gelewer aan die CJ Langenhove­n Nalatenska­p. Die ATKV het hom in 2014 as ‘Afrikoon’ vereer vir sy navorsing oor Langenhove­n. Olivier word oorleef deur sy vrou, Susan, dogters Hannelore Olivier en Sanelle Streicher en vier kleinseuns.

‘n Gedenkdien­s word Donderdag om 11:00 uit die NG Kerk Bloemheuwe­l gehou.

 ?? Verskaf
Foto ?? Prof. Johan Olivier en sy vrou, Susan.
Verskaf Foto Prof. Johan Olivier en sy vrou, Susan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa