Graaff-Reinet Advertiser

Opslaanhut brand onverklaar­baar af

- LIEZL VAN NIEKERK

OUDTSHOORN - ‘n Ma van

Rosevalley en haar vier kinders is haweloos gelaat na die opslaanhut waarin hulle gewoon het tot op die grond afgebrand het.

Volgens Charmonay Fredricks het sy en haar kinders Sondagogge­nd na haar ma se huis gegaan.

“My ma woon ook in Rosevalley, naby ons. Ons gaan omtrent elke dag na haar toe. Ons het Sondagaand gehoor iemand skree dat dit brand en toe ons uitstap om te kyk wat aangaan toe sien ek ons huis is aan die brand.”

Volgens haar weet sy nie hoe die brand begin het nie.

“Ons het nie kerse aangesteek nie, want ons is al die oggend vroeg daar weg. Ons het ook nie elektrisit­eit nie.”

Volgens ‘n buurman wat Maandag met Oudtshoorn Courant gepraat het, het hy rook geruik, maar gedink dit is iemand wat buite kos maak.

“Ek het uitgegaan toe die mense skree dit brand en gesien hoe die vlamme om die shack vou. Dit het gelyk of die brand binne begin het, want die vlamme het van binne af gekom.”

Hy het verder gesê dat hy niemand in die omgewing gewaar of gehoor het nie.

Fredricks sê dat sy en haar vier kinders alles in die brand verloor het.

“Als wat ons besit het, is weg. My kinders is 13, 10, agt en vier jaar oud. Ons het nêrens om te gaan nie en moet by my ma bly tot ons nuwe materiaal kry.”

Sy het twee dogters en twee seuns.

Die Plaaslike Besorgde Inwoners-party (PBI) van Oudtshoorn het Maandag ‘n skenking van kos en klere aan die gesin oorhandig.

John Maxwell, ondervoors­itter van die PBI, is dit ‘n tragiese voorval.

“Vir ‘n ma en vier kinders om in die middel van winter hul woning te moet verloor is uiters hartseer. Ons wil graag mense help sover ons kan en ons sal altyd ons inwoners wat hulp nodig het bystaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa