Graaff-Reinet Advertiser

Kuns herleef vergete era

- MARLENE MALAN

PRINCE ALBERT - Die bekende kunstenaar John Kramer, se uitstallin­g van ou geboue word tans by die Prince Albert Gallery gehou. Volgens dr. Judy Maguire, historikus en antropoloo­g van dié dorp neem Kramer se skilderye mens terug na ’n verdwene era toe ou geboutjies met kleurvolle voorkante ons dorpe en stede versier het.

“As jy na John se skilderye kyk, ruik jy die stowwerige strate, ervaar jy die mengsel van geure in die skemer binnekante van die winkeltjie­s van die verlede.”

Kramer (75) wat op Worcester gebore is het aan Oudtshoorn Courant gesê die vasvang van dié geboue op doek is deel van ons kollektiew­e geheue, “argitektuu­r wat ons nie mag vergeet nie, van ’n tyd toe ons dorpe anders gelyk het as nou. Die lekkerste onderwerpe vir my skilderye vind ek op platteland­se dorpe wat die verwaarloo­sste is, daardie geboutjies met geroeste sinkdakke en vervalle mure”.

Hy reis reeds sedert die jare sewentig deur die land om sulke geboue af te neem.

Volgens Maguire is Kramer se skilderye,

“’n argief van ’n deel van die SuidAfrika­anse

argitekton­iese nalatenska­p. Dis ’n gemeenskap­erfenis wat deel vorm van ons identiteit”.

Destyds het hy reeds besef dat dorpe vinnig deur vernuwing verander. Hy het die strate met sy kamera begin vaslê, om te keer dat dit uit sy geheue verdwyn en met sy skilderkun­s op doek vasgelê. Letterwerk teen die mure, met woorde soos Tea Room en Teekamer en Algemene Handelaar, handelsnam­e soos Koffiehuis, Coca-Cola, Texan, Lucky Strike en Boxer Tobacco word gereeld in sy skilderye vasgevang. Kramer, wat in Kaapstad woon, het ook saam met sy broer, die musikant en sanger, David Kramer, na die platteland getoer om foto’s te neem wat as agtergrond sou dien vir die musiekblys­pel, Karoo Kitaar Blues.

“Mense verlang na daardie plekke wat hulle as kinders besoek het of waar hulle gewoon het, plekke waarmee hulle ’n persoonlik­e verhouding het. Iemand wat nou in San Diego woon, het ’n skildery gesoek waarop Afrikaanse letterwerk is. ’n Australiër het my skildery van Alie’s Corner in die Waterkant gekoop toe sy die hoekkafee van haar jeug herken het,” sê Kramer. Kramer se uitstallin­g duur tot 1 Augustus.

 ??  ?? Die kunstenaar, John Kramer, in sy ateljee.
Die kunstenaar, John Kramer, in sy ateljee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa