Graaff-Reinet Advertiser

Klag van roekelose bestuur ondersoek

- HANNES VISSER

OUDTSHOORN - Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur na ‘n ernstige botsing Vrydagmidd­ag by die kruising van Baron van Reedestraa­t en Voortrekke­rweg.

Volgens ooggetuies het ‘n VW Polo Vivo glo met noodligte aan teen ‘n hoë spoed met Voortrekke­rweg langs in die rigting van die hospitaal gejaag. Die bestuurder het die rooilig glo verontagsa­am en ‘n Toyota Hilux getref wat met Voortrekke­rweg in die rigting van George onderweg was. Die slag het die bakkie in die rondte laat tol en dit het die agterkant van ‘n motor wat in die teenoorges­telde rigting onderweg was skrams getref. Die bestuurder van die Toyota het sy kop en nek beseer en hierdie week aan Oudtshoorn Courant gesê hy verduur erge pyn, maar het gelukkig geen frakture of wonde opgedoen nie.

Die bestuurder van die Polo, wat volgens inligting wat bekom is, glo nie oor ‘n geldige rybewys beskik nie, het ‘n kopbeserin­g opgedoen. Sy vrou (28) met wie hy na die hospitaal onderweg was omdat hy onder die indruk was dat sy ‘n aantal pille gedrink het, het ‘n fraktuur aan haar been opgedoen. Daar was ook drie ander passasiers in die Polo wat lig beseer is. Volgens die beseerde vrou se pa is sy Vrydag na die Georgehosp­itaal oorgeplaas waar sy Maandag ‘n operasie aan haar been ondergaan het. Haar pa was Vrydag juis vanaf Worcester na Oudtshoorn onderweg om sy dogter te besoek toe hy kennis van die botsing ontvang het. “Ek was 20 kilometer van Oudtshoorn af toe my dogter my bel en sê sy is in die hospitaal, want hulle was in ‘n ongeluk,” het hy Maandag telefonies gesê. Volgens hom was die Polo op sy dogter se naam.

Sers. Gretchen Michaels, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie het bevestig dat ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word, maar het teen druktyd nie bevestig of die bestuurder oor ‘n rybewys beskik of nie.

Volgens die bestuurder van die Toyota Hilux is hy ingelig dat die eienaar van die Polo nie versekerin­g op die voertuig het nie alhoewel dit deur ‘n bank gefinansie­r is.

Dit blyk dat die premies op ‘n stadium gestaak is.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die botsingsto­neel kort nadat die eerste nooddiensw­erkers aangekom het.
Foto: Hannes Visser Die botsingsto­neel kort nadat die eerste nooddiensw­erkers aangekom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa