Graaff-Reinet Advertiser

Twee vermeende diewe in Oudtsoorn vasgetrek

-

OUDTSHOORN - Twee mans is die afgelope naweek in Oudtshoorn in hegtenis geneem na hulle na bewering ‘n besigheid in Mosselbaai besteel het.

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, was albei mans werksaam by die besigheid waar hulle glo gesteel het.

“Die Da Gamaskop-speurders het ‘n klag van huisbraak en diefstal in Voorbaai ondersoek na daar glo kraggereed­skap van ongeveer R300 000 by ‘n besigheid gesteel is. Die voorval is op 12 Julie 2021 by die polisie aangemeld.”

Volgens Spies het die speurders die saak tot in Oudtshoorn opgevolg en die 47-jarige Kobus Beauzec wat positief met die inbraak gekoppel is, is in hegtenis geneem. Die gesteelde goedere is ook in Oudtshoorn gevind en sou, na wat verneem word, hier verkoop word. ‘n Klag van huisbraak en diefstal word teen hom ondersoek.

“Dit het in die ondersoek uitgekom dat ‘n tweede persoon met dieselfde klag verbind kan word.

‘n 36-jarige is ook in Oudtshoorn in hegtenis geneem. Dit blyk egter dat die 36-jarige man met ‘n onverwante diefstalsa­ak in Bayview verbind word wat tussen 12 en 16 Julie gebeur het. Dié gesteelde items, van ongeveer R100 000, is ook in Oudtshoorn gekonfiske­er.”

Die 36-jarige man, Dean Moor, is op aanklagte van huisbraak, diefstal, meineed en dwarsbomin­g van die gereg in hegtenis geneem.

Albei verdagtes het Maandag in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn.

Oudtshoorn Courant het intussen inligting bekom wat daarop dui dat Beauzec oorspronkl­ik van Oudtshoorn is en by vroeër verskeie plekke hier ook gewerk het.

Die saak teen albei mans is tot 26 Julie uitgestel.

Da Gamaskop-stasiebeve­lvoerder, kol. Khuthala Masakala, het Oudtshoorn en Da Gamaskop se speurders geloof vir hul vinnige optrede en dat hulle die gesteelde goedere teruggevin­d het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa