Graaff-Reinet Advertiser

Hof verlig lang straf

- GARNETT WICOMB

BEAUFORT-WES - Die Wes-Kaapse hooggeregs­hof het die vonnis van ‘n man van Beaufort-Wes wat 15 jaar tronkstraf opgelê is nadat hy aan twee aanklagte van verkragtin­g skuldig bevind is, met sewe jaar verminder.

Deril Oerson (23) is op 21 Oktober

2019 in die Beaufort-Wes-streekhof deur streekland­dros Daniel Boks gevonnis.

Hy is daaraan skuldig bevind dat hy op 27 Januarie 2018 die klaer, saam met wie hy op Nelspoort grootgewor­d het, twee keer verkrag het.

Die klagtes is vir vonnisdoel­eindes saamgeneem.

Nadat die landdros in 2019 verlof om teen die skuldigbev­inding te mag appelleer van die hand gewys het, het Oerson hom tot die Kaapse hooggeregs­hof gewend waar hy deur adv. Steven Lourens verteenwoo­rdig is.

Die aansoek was suksesvol en uitspraak is op 2 Junie gelewer. Volgens Lourens het waarnemend­e regter AJ Nel en regter J Fortuin bevind dat die Oudtshoorn­streekhof fouteer het om Oerson aan twee aanklagte skuldig te bevind omdat hy nie die doel gehad het om die klaer twee keer te verkrag nie.

Die regters het wel bevind dat die streekhof korrek opgetree het deur die applikant aan verkragtin­g skuldig te bevind. Oerson en die klaer, wat glo vroeër al by twee geleenthed­e seksueel verkeer het, het die aand van 26 Januarie 2018 saam by ‘n taverne gekuier waar hulle ook gesoen het. Die applikant het die klaer glo onderweg huis toe skielik vasgegryp, gedreig en ontklee. Hy het haar toe glo verkrag. Volgens hom het die klaer ingestem tot seks. Sy wou ook later die saak teen hom terugtrek. Versagtend­e omstandigh­ede is dat die applikant ‘n eerste oortreder is, slegs 20 jaar oud was ten tyde van die voorval, oor ‘n vaste werk beskik en ook ‘n eenjarige seuntjie het.

Die klaer het, behalwe vir ‘n paar skrape aan haar nek, ook geen fisiese beserings opgedoen nie.

Gevolglik is die vonnis van 15 jaar ter syde gestel en vervang met ‘n vonnis van agt jaar gevangenis­straf, terugwerke­nd vanaf Oktober 2019.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa